barbie

FOTO Instagram / @barbie

Hieroor praat mense

Model met kurwes kry haar eie Barbie!

Die ikoniese Barbie-pop het oor die jare al baie verander. Die verskeidenheid poppe het groter geword, daar is al meer haarstyle, -kleure en -lengtes te kry, en die veelsydige Barbie se beroep wissel van veearts tot president. Talle celebs het al ’n Barbie-ewebeeld gekry, soos Beyoncé, Katy Perry, Cher en die hertog en hertogin van Cambridge, prins William en Kate Middleton. Nou het nog ’n bekende haar eie Barbie: die model Ashley Graham.

Ashley inspireer vroue die wêreld oor om hul liggaam lief te hê, maak nie saak wat die grootte is nie! En daar is kwalik ’n beter manier om dié boodskap te verkondig as om by jong meisies te begin. As deel van Barbie se #Shero-reeks – die vroulike weergawe van “hero” – is daar nou ook ’n Ashley-Barbie.

barbie

FOTO Instagram / @theashleygraham

Ashley het die nuus op Instagram gebreek:

In Januarie het Barbie hul reeks poppe van verskillende groottes bekend gestel – lank, met kurwes en petite.

barbie

FOTO Mattel

Hierdie bekendes het ook hul eie Barbie:

Beyoncé, wie se Barbie haar eie Instagram-blad met 14 000 volgelinge het.

barbie

FOTO Instagram / @barbiebeyoncelife

Die hertog en hertogin van Cambridge, prins William en Kate Middleton.

barbie

FOTO Mattel

Cher

barbie

FOTO Mattel

Jennifer Lopez

barbie

FOTO Mattel

Katy Perry

barbie

FOTO Mattel

Lees nou

#9tot5: 2 susters leer ons hoe!

Marciel steek tong uit vir maermaak-advertensies

Adele se eetplan én verloor gewig