FOTO: Instagram (@bazaaraustralia)

FOTO: Instagram (@bazaaraustralia)

Hieroor praat mense

Slimmigheid deur net te luister!

As jy nog nie gebruik maak van dié app op jou iPhone nie, of nog nie een afgelaai het vir jou Android-slimfoon nie, is dit nou die tyd. Podcasts, oftewel aanlyn uitsendings, hou jou op hoogte, vertel stories, gee raad of vermaak jou; enige tyd, enige plek.

Jy kan aanlyn uitsendings van die internet aflaai van enige toestel af; vanaf jou slimfoon, tablet en rekenaar. Sodoende kan jy dit enige tyd luister – lê rustig op jou bed ná werk, luister iets interessants terwyl jy hardloop, of speel dit deur die radio in jou kar.

Hierdie apps op jou slimfoon maak dit maklik om alles op een plek te stoor en om by te bly te bly met die nuutste episodes, maar jy kan dit ook self aflaai van elke uitsending se webtuiste en deur jou rekenaar se musiekspelers speel.

Lees verder vir ons redaksie se gunsteling- aanlyn uitsendings.

iPhone:

Op jou Apple-selfoon sal jy sien jy het reeds die Podcasts-app op jou foon. As jy dit nie sien nie, sal jy dit gratis van Apple se App Store kan aflaai. Op dié app kan jy soek na alle aanlyn uitsendings, jou gunstelinge volg en ook uitsendings aflaai as jy by Wi-Fi is sodat jy later daarna kan luister.

podcast

Laai dit in Apple se App Store af

Android:

As jy ’n Android-slimfoon het (Samsung, LG, HTC, Sony Xperia, Hauwei) stel ons voor jy laai hierdie gratis app af. Jy sal ook enige aanlyn uitsendings op Stitcher vind, jou episodes kan aflaai oor Wi-Fi en later luister, op hoogte kan bly met spesiale herinneringe na jou slimfoon, en nog baie meer!

podcast

Laai dit by Android se Play Store af

Hier is ons redaksie se gunstelinge:

1. Serial as jy hou van ondersoekende navorsing.

2. 99% Invisible – kort episodes oor interessante onderwerpe soos die ontwerp van slotte of die kleur van geld.

3. Song Exploder vir musiekliefhebbers. Musikante vertel die stories agter hul bekende liedjies.

4. Freakonomics – gebaseer op die gelyknamige bekende boek oor ekonomie en entrepreneurskap, geskryf deur Steven D Levitt en Stephen J Dubner

5. A History Of The World In 100 Objects – die Britse Museum in samewerking met die BBC vertel geskiedenis aan die hand van historiese items.

6. This American Life – joernalistieke program

7. StartUp as jy daaraan dink om ’n besigheid te begin.

8. Stuff You Missed In History Class – geskiedkundige brokkies

9. The Longest Shortest Time (laai hierdie af as jy ’n ma is) – raad vir ouers.

10. Op Nerdette gesels meisies saam oor boeke, tegnologie, besigheid, kuns en vele meer.

11. Willim Welsyn gesels met mense in die SA musiekbedryf op WAT.

12. Stuff Mom Never Told Me – vir meisies, oor onderwerpe wat vroue raak

13. On Being – onderhoude met bekendes, breedvoerige onderwerpe

14. Man Repeller – platform wat vroue bemagtig

Lees ook: