sr1109lewis_pugh
Hieroor praat mense

Bekendes sê nee vir ‘fracking’ in die Karoo

Vir diegene wat nie weet wat fracking is nie: Dis die hidrouliese afbreek van rotse om toegang te kry tot ondergrondse gasse. Dit behels dat groot hoeveelhede water, gemeng met sand en skadelike chemikalieë teen baie hoë druk in geboorde tonnels in die aardkors ingepomp word, wat veroorsaak dat die kors kraak en breek en die gasse waarna hulle soek, ontsnap. Die chemikalieë is egter baie skadelik vir mense sowel as die omgewing.

Die spesifieke maatskappy het aansoek gedoen om 90 000 vierkante kilometer om te dolwe in hul soeke na die gasse. Die stuk is drie keer die grootte van Lesotho, berig greenpeace.org.

Om net een so ‘n tonnel te boor vereis ongeveer 9 miljoen tot 29 miljoen liter water. En die leeftyd van so ‘n tonnel is slegs 5 tot 8 jaar omdat die gasse vinnig ontsnap. Die oliemaatskappy beplan om ondergrondse water te gebruik. Die Karoo is reeds droog. Wat gaan oorbly wanneer hulle hul gasse gekry het?

Greenpeace berig ook die gevaar bestaan dat ander waterbronne besmet kan raak, wat kwessies soos drinkwater vir mense, diere en plante teweeg bring.

Indien jy die kommer van die bekendes deel, besoek www.greenpeace.org en klik op Take action om deur die regte kanale beswaar aan te teken by die owerhede wat dié besluit moet neem.

Jy kan ook Green Renaissance op Facebook gaan like.

Kyk hier na video’s waarin die bekendes hulle kommer uitspreek: