koffie

FOTO Instagram (@thejoburgfoodie)

Hieroor praat mense

Instagram se koffie-kampioen kom uit Joburg!

Die volgende trend in die koswêreld? #CoffeeInACone, dames en here. En hoe lekker dat hierdie nuwe kosontdekking uit Suid-Afrika, meer spesifiek Johannesburg, kom!

Jy sal vinnig in jou kar moet klim om ook een van dié roomyshorinkies met koffie te kry, want sedert die Amerikaanse webtuiste Refinery29 hieroor geskryf het, word die rye net langer en langer.

Koffie is nie meer net iets wat jy drink nie, o nee. Veral op sosiale media is dit iets wat jy afneem en wat saam met jou op jou foto’s pryk. Kyk net na die wêreldbekende Instagram-foto’s van Coffee ’n Clothes – enigiemand kan meesterlik gestileerde foto’s van hulself en koffie instuur.

The most Instagrammed coffee in the world can be found at @thegrindza at @melrosearch #coffeeinacone

A photo posted by Joburg | Johannesburg | Jozi (@joburg.co.za) on

Dayne Levinrad van The Grind Coffee Company in Johannesburg se modieuse Melrose Arch is die brein agter hierdie nuwe manier van koffie drink. Die Johannesburger het oorsee as koffiekonsultant gewerk en ná vier jaar teruggekom Suid-Afrika toe met die doel om iets anders te doen. 

Extra Crispy berig dat Dayne ook werk as ’n digitale bemarker. Met koffie as agtergrond en digitale bemarking onder die knie, was sy volgende projek bestem vir sukses.

#CoffeeInACone is al meer as 1 500 keer op Instagram gedeel. Maar wees gewaarsku: jy het net sowat 10 minute om ’n foto van jou en jou koffie te neem én dit te drink, want die roomyshoring begin dan smelt …

Lees ook

Het jy geweet jy kan dít op Facebook & Instagram doen?

Die gunsteling-kos op Instagram

Kanye is op Instagram! Uhm … en dis sy eerste foto?