10157169_771399246205187_1212335991_n
Hieroor praat mense

Benoemings vir die Silwerskerm-toekenningsgeleentheid

Die kykNET Silwerskermfees (27 – 30 Augustus) is om die draai. En oudergewoonte sluit dié opwindende fees af met ’n glanstoekenningsgeleentheid.

Soos wat die Suid-Afrikaanse filmbedryf én hierdie filmfees groei, brei die toekennings vir dié fees ook uit. Vanjaar is daar nuwe kategorieë wat die beste SA talent wil beloon.

Die toekennings word in twee kategorieë verdeel: Die eerste sluit in Afrikaanse films wat tussen (1 September 2013 – 31 Augustus 2014) vrygestel word. Hulle kom in aanmerking vir die Jaarlikse Nasionale Silwerskermtoekennings. Die tweede kategorie, die amptelike Silwerskermfeestoekennings, sluit films in wat tydens die fees deur ’n paneel beoordeel word.

Volgens Karen Meiring (M-Net: Direkteur van Afrikaanse Kanale) is dit ’n baie opwindende tyd in die Suid-Afrikaanse filmbedryf. Sy sê in ’n persverklaring:

Die passie en energie wat daar in die rolprentbedryf is, is tasbaar.

“Die toewyding waarmee elke film vervaardig word weerspieël beslis in die standaard wat jaar na jaar oortref word. Die fees is baie trots op die erkenning en ondersteuning wat dit tot dusver kon bied aan filmmakers, maar die fees is beslis meer as net ’n platform. Die fees se hoofdoel is die uitbreiding, groei en ontwikkeling van talent in die rolprentbedryf. Baie werksgeleenthede word geskep, maar belangriker nog, skep dit die geleentheid om ons eie stories op ons eie unieke manier te vertel binne die konteks en agtergrond van die mooiste filmstel ter wêreld: Suid-Afrika.”

Woon die kykNET Silwerskermfees van 27 tot 30 Augustus by The Bay Hotel in Kampsbaai by. Die SARIE-span gaan ook daar wees – kom kuier saam! Kaartjies beskikbaar by Ticket Pro.

10574392_839907822687662_1690761925806313600_n

 

Praat saam

Twitter: @SilwerskermFees #Silwerskerm2014 #WDC692

Facebook: https://www.facebook.com/silwerskermfees

Beste Film

  • Pad na jou hart
  • Alles wat mal is
  • Die Windpomp
  • Konfetti
  • Die ballade van Robbie de Wee

Beste Regisseur

  • Jaco Smit (Pad na jou hart)
  • Darrel James Roodt (Alles wat mal is)
  • Etienne Fourie (Die Windpomp)
  • Zaheer Goodman-Bhyat (Konfetti)

Beste Manlike Byspeler

  • Marius Weyers (Pad na jou hart)
  • Casper de Vries (Konfetti)
  • Marcel van Heerden (Pad na jou hart)

Beste Vroulike Byspeler

  • Marga van Rooy (Die Windpomp)
  • Anna-Mart van der Merwe (Die ballade van Robbie de Wee)
  • Brumilda van Rensburg (Musiek vir die agtergrond)

Beste Manlike Akteur

  • Ivan Botha (Pad na jou hart)
  • Neil Sandilands (Die ballade van Robbie de Wee)
  • Armand Greyling (Die windpomp)
  • Louw Venter (Konfetti)

Beste Vroulike Akteur

  • Donnalee Roberts (Pad na jou hart)
  • Erica Wessels (Alles wat mal is)
  • Anna-Mart van der Merwe (Stuur groete aan Mannetjies Roux)
  • Leandie du Randt (Die Windpomp)

Beste Oorspronklike Musiek

  • Benjamin Willem (Pad na jou hart)
  • Johnny De Ridder (Die Windpomp)
  • Bruce Retief (Khumba)

Beste Kinematografie

  • Jacques Koudstaal (Pad na jou hart)
  • Trevor Brown (Die Spook van Uniondale)
  • Tom Marais (Stuur groete aan Mannetjies Roux)
  • Johan Prinsloo (Die Windpomp)

Beste Teks

  • Donnalee Roberts & Ivan Botha (Pad na jou hart)
  • Etienne Fourie (Die Windpomp)
  • Louw Venter (Konfetti)

Beste Redigering

  • Dwaine Faria-Carrao (Pad na jou hart)
  • Louis Greeff & Mario Kowarz (Die Windpomp)
  • Zelmari Degenaar (Konfetti)

Beste film (nie Afrikaans)

  • Ian Gabriel (Four Corners)
  • Andrew Mudge (Forgotten Kingdom)
  • Ntshavheni wa Luruli (Elewani)
  • Anthony Silverston (Khumba)
  • Theo Nel, Harriet Gavshon, JP Pogieter, Mariki van der Walt, Donovan Marsh (iNumber Number)