FOTO: Phyllis Green

FOTO: Phyllis Green

Hieroor praat mense

BESONDERSE VIDEO: Dís hoe naby tweelinge in die baarmoeder leef

Dié pasgebore tweeling weier om mekaar te los terwyl hulle gebad word. Blykbaar is dít hoe tweelinge in die baarmoeder beweeg en dié twee dink nog hulle is steeds in ma se maag, berig Huffington Post.

Dié merkwaardige video is verlede jaar op YouTube gedeel en is al miljoende kere gekyk en op sosiale netwerke versprei. Dít bied ’n buitengewone kykie na hoe babas in die baarmoeder beweeg en hoe ’n tweeling op mekaar reageer.

Die tweeling klou styf teen mekaar soos hulle rustig in die water dryf, ogies styf toegeknyp – onbewus van die groot wêreld wat op hulle wag.

Maar die rede vir die video het eintlik niks met die twee se gedrag te doen nie. Volgens ’n artikel wat verlede jaar op Huffington Post verskyn het, het die Franse verpleegster Sonia Rochel dié video geneem om ’n nuwe badmetode te demonstreer. Dié babaspa-tegniek behels 10 tot 15 minute in ’n bad waar die babas liggies masseer word.

* Rochel waarsku dat ouers nie hierdie tegniek by die huis moet probeer sonder toesig van ’n gekwalifiseerde verpleegster nie.

Tweeling-band

Die sterk band wat tweelinge koester het weer onlangs duidelik geword toe ’n tweeling met ’n seldsame toestand op Moedersdag saam-saam uit die baarmoeder gekom het – terwyl hulle handjies vasgehou het. KLIK HIER om na die video te kyk.

Nóg video’s om jou dag te maak