VBG2015
Hieroor praat mense

Bespreek jou plek by die Voorbladgesig-aankondiging

Wie’s ons VOORBLAD-WENNER? Kom kyk en kuier saam!

Dis ons aand van die jaar met glans, bekendes en ons Voorbladfinaliste. Wees op 6 September deel van die rooitapyt-geleentheid wanneer die twee kategoriewenners uit die 10 finaliste aangewys word, en één dan wegstap as SARIE Voorbladgesig 2015. Dis haar gesig wat op die Oktober-uitgawe van SARIE sal pronk, en jy sal eksklusief ’n eerste kopie van die tydskrif in jou hande kan hê. Moenie die opwinding misloop nie!

Optredes deur die sangers Joseph Clark, Corlea Botha en Joshua na die Reën, met Nadia Beukes as gasvrou, sal die aand selfs meer spesiaal maak. Maak seker jy kry plek – koop jou kaartjie nou!

DATUM Sondag 6 September 2015

TYD 18:00

PLEK Atterbury-teater, Lynwood Bridge, Pretoria

PRYS R150 (Dit sluit ’n geskenkpak en ’n tydskrif in)

BESPREEK BY Computicket

Trotse medeborge van SARIE Voorbladgesig 2015

HCI21P14009 SK Logo Relaunch.eps