Screen Shot 2015-07-08 at 12.01.25 PM
Hieroor praat mense

Bespreek NOU jou plek by die SARIE KOOKSKOOL

JULLE HET GEVRA, ONS HET GELUISTER . . .

SARIE se kosredakteur, Herman Lensing, en Barbara Joubert, kosredakteur van SARIE KOS, gaan van hul kosgeheime met jou deel op 2 bederf-werksessies. Dit word weg van die stadsgewoel gehou, omring deur Tulbagh se berge, waar julle kuier-kuier sal leer bak en kook met die praktiese hulp en leiding van dié twee koskenners. Bring ’n vriendin of geliefde saam om die ervaring te deel. Bespreek nóú jou plek(ke).

1.  BAK EN KOOK – NAWEEK SAAM MET HERMAN

Herman Lensing

Herman Lensing

14 – 16 Augustus 2015
WAT GAAN JY LEER?

Herman leer jou bak met gis. Tower saam met hom onder meer croissants, brioche en mosbolletjies op. Moenie dink jy gaan net bak nie, jy gaan ook leer hoe om sop, kerrie en maklike konfyt te kook.

*As ekstra bederf, kook Herman die Vrydagaand vir jóú aandete.

2.  KOOK BARBARA SE REIS-SPYSKAART

Barbara Joubert

Barbara Joubert

 

18 – 20 Augustus 2015

Glip in die week weg en bederf jouself!

WAT GAAN JY LEER?

Italië Maak jou eie ravioli soos die Italianers

Karoo Maak self blaardeeg vir ’n lamspastei

Frankryk Bak terte vir teetyd.

WAT KOS DIE KOOKSKOOL VIR ELKE WERKSESSIE?R4 500 per persoon per werksessie. Daar is slegs plek vir 20 mense per sessie. Die prys sluit alle etes en verblyf en bederf in. Vervoer na en van Tulbagh is jou eie verantwoordelikheid.

WAAR BLY ONS? Saronsberg-wynlandgoed, Tulbagh WAAR KOOK ONS? Die stoor van Koekedoor-faam op die plaas Twee Jonge Gezellen
BESPREEK BY Carmen.Botma@sarie.com