FOTO Instagram / @masami_nagasawa

FOTO Instagram / @masami_nagasawa

Het jy gehoor?

Só bly Japannese vroue jonk en maer

Wonder jy ook hoekom Japannese vroue so lank goed lyk en mooi oud word?

Trouens, Misao Okawa (5 Maart 1898 – 1 April 2015) van Japan was die oudste vrou wat nog geleef het. Sy het 117 haar oud geword.

Japannese kos werk ook in die Weste. Die Amerikaanse model Christine “Chrissy” Teigen, wat in 2010 op Sports Illustrated haar debuut gemaak het, het al gesê: “Ek is mal oor soesji – rou en skoon, geen pasta en brood nie. ’n Dieet laag in koolhidrate is wat vir my werk.”

En die aktrise Emma Roberts het al gesê: “Ek is absouluut verslaaf aan soesji.”

Ons kan sien dit werk vir hulle …

Die Japannese aktrise Koyuko, wat teenoor Tom Cruise in The Last Samurai gespeel het, is 39 jaar oud.

Die Japannese lyk nie so goed omdat hulle verslankingsdiëte volg nie. Trouens, hulle is mal oor kos. Maar hulle het goeie eetgewoontes – dís die geheim.

Ons hoor dikwels jy moet nooit ontbyt afskeep nie. Eet ontbyt soos ’n koning, middagete soos ’n prins en aandete soos Jan Alleman, lui die gesegde.

Japannese maak ’n okkasie van ontbyt – dit bestaan uit onder meer groentee, gestoomde rys, omelette, vis, miso-sop met tofoe. Navorsing wys mense wat ’n groot ontbyt en ’n klein aandete eet, verloor gouer gewig as ander.

Die land se stapelvoedsel is heilsaam en voedsaam. Dink aan gestoomde rys, groente en vis, miso-sop, vrugte, peule . . .’n buffer teen ouerdomsvlekke, siektes en skadelike vette in die liggaam. Hulle vang 10% van die wêreld se vis en neem hoë dosisse omega 3-vette in, wat die gewrigte onder meer olie, daarom is dit geen wonder dat hulle langer leef nie.

Japannese is ook mal oor vars kos en kies produkte wat in seisoen is, want dit waarborg die beste gehalte.

Die model Masako Mizutani is 46 jaar oud.

FOTO Instagram / @MasakoMizutani

FOTO Instagram / @MasakoMizutani

Nog ’n geheim is kleiner porsies. Klein bietjies, wat soos kunswerkies voorgesit word en wat hulle dan happie vir happie eet. Stadig. Hulle maak nooit hul borde tot barstens toe vol nie. Elke gereg word in ’n ander bord voorgesit en die garnering is baie belangrik sodat die kos uitstaan en esteties waardeer kan word.

Olie is ’n groot NEE in hul cuisine, selfs in roerbraaie word dit spaarsamig gebruik. Omdat hulle baie gesondheidsbewus is, hou hulle nie van swaar, robuuste geregte soos byvoorbeeld Franse bredies nie. Stoom, kook en braai is gewilde gaarmaakbetodes.

Die aktrise Masami Nagasawa is 29 jaar oud.

A photo posted by 長澤まさみ (@masami_nagasawa) on

In Amerika is een van die grootste redes vir vetsug al die verfynde meel en brood wat elke maaltyd verorber word, terwyl rys die Japannese se koolhidraat van keuse is. Dit word as baie gesond gereken omdat dit energie gee, glutenvry is, help om jou liggaamsgewig te handhaaf en antioksidante bevat wat goed is vir die hart.

Japannese eet min suiker, want hulle is deeglik bewus van die gevare daarvan. Poeding word beperk en hulle bevredig hul suikertand liefs met vars vrugte wat feestelik en kunstig op keramiekborde uitgestal word.

Kortom, hulle luister na hul liggame – en dit werk.

Die aktrise Rie Miyazawa is 43 jaar oud.

Bronne: Curious MobJust for heart

Lees nou

#9tot5: Leer op LinkedIn – dié week gratis!

Wenfoto van Wildfotograaf

Dis toe ’n dogtertjie!