Hieroor praat mense

Bome, bome!

Goeie nuus is dat die organisasie Food and trees for Africa (FTFA) vanjaar (internasionale Jaar van Woude) 10 000 bome gaan plant in minder bevoorregte dele van SA.

Met ’n R900 000- skenking van Trudon (uitgewer van die Geel Bladsye) gaan woonbuurte in die Oos-Kaap, Wes-Kaap, Vrystaat, Gauteng en KwaZulu-Natal geteiken word om lewensgehalte te help verbeter en as teenvoeter vir klimaatsverandering.

Sedert sy ontstaan in 1990 het die FTFA al 4 miljoen bome in SA aangeplant. Hoe inspirerend is dít nie!