Screen Shot 2017-01-12 at 7.32.22 AM
Hieroor praat mense

‘Boom-man’ kry sy hande terug

Dis lekker om aan die begin van die jaar goeie nuus te deel!

Jy het dalk al gehoor van die “Boom-man” van Bangladesh. Hy is die 27-jarige Abul Bajandar, wat aan ’n seldsame toestand ly wat veroorsaak dat boombasagtige vratte op sy hande groei.

Hy het jare só geleef voordat hy verlede Februarie sy eerste operasie gehad het. Sedertdien moes hy nóg 16 prosedures ondergaan, maar hy het nou uiteindelik sy eie hande terug, berig CNN.

Die plastiese chirurg wat die operasies uitgevoer het, dr. Samanta Lal Sen, hy kan al met sy hande eet. Die volgende prosedures sal wees om sy hande beter te laat lyk, maar hy kan sy hande so te sê ten volle gebruik.

Wat was sy grootste wens voor die operasie? Om sy dogtertjie, Tahira (foto hieronder), ’n drukkie te gee.

Die toestand, epidermodysplasia verruciformis, is só seldsaam dat nog net ’n paar gevalle wêreldwyd aangemeld is. In Abul se geval groei die vratte uit sy vingers, palms en voete.

Bronne: CNN, News.com

Lees nou

Iman se roerende huldeblyk aan David Bowie

Dis tyd! Pak dít in as jy hospitaal toe gaan, sê Ivanka Trump

Tranerige Obama se laaste toespraak