FOTO: Unsplash

FOTO: Unsplash

Hieroor praat mense

Duurder brandstof. Maar spaar só!

Dis ’n ewige stryd: die brandstofprys. Op 31 Mei het vulstasies weer gewemel van die motors, want op 1 Junie het die pryse gestyg. Om te verhoed dat jy nóg geld op brandstof moet uitgee, is hier 5 slim wenke!

Die departement van energie het Maandag aangekondig dat petrol met 52c per liter en diesel met 76c per liter duurder word.

In ’n persverklaring waarsku die Automobiel-Assosiasie (AA) dat dit nie die enigste styging vir Junie gaan wees nie. Juis oor die swak rand en die prys van ru-olie.

Wikus Olivier van DebtSafe raai verbruikers aan om hul begroting gereeld te hersien, juis oor sulke stygings.

Maar verkeer raak nie beter nie en met die brandstofpryse wat styg, is hier ’n paar wenke hoe jy kan petrol spaar.

5 wenke om brandstof te spaar

FOTO: Unsplash

FOTO: Unsplash

1. Sit die lugversorging af. As dit aan is, gebruik jy meer brandstof.

2. Maak seker die banddruk is korrek.

3. Haal jou dakrakke af – dit sal die gewig van jou voertuig verminder en daarmee saam die brandstofverbruik.

4. Haal onnodige goed uit jou kattebak uit. Meer goed in jou bagasieruim beteken hoër brandstofverbruik.

5. Probeer om jou spoed by 100 km/h te hou. Jy spaar brandstof as jy dié spoed en stadiger ry.

Oorweeg alternatiewe

Treine MOOD

FOTO: Unsplash

Met motoriste wat al weer bloedneus kry, is dit dalk goed om alternatiewe vervoer te oorweeg, soos busse en treine. Ondersoek die moontlikhede, jy sal dalk verras wees. Maar onthou, selfs dié vervoermiddels veroorsaak soms hoofpyne en frustrasies en bring jou nie altyd betyds by die werk nie.

Johannesburg

Gautrain

Rea Vaya-busdiens

Kaapstad

Golden Arrow-busdiens

MyCiti-busdiens

Metrorail

Port Elizabeth

Algoa-busdiens

FOTO: Unsplash

FOTO: Unsplash

Lees nou

Mars en Aarde naaste aan mekaar in 11 jaar