FOTO: Phyllis Green STILERING: Fanie Cronjé

FOTO: Phyllis Green STILERING: Fanie Cronjé

Hieroor praat mense

Carolyn Steyn brei vir Madiba: ‘Elke steek (en goeie daad) maak saak’

Carolyn Steyn, sosiale entrepreneur van Johannesburg, het verlede jaar die “67 kom- berse vir Nelson Mandela-dag”- liefdadigheidsbeweging gestig. Plaaslik en internasionaal het jonk en oud 6 000 komberse gebrei en gehekel en onder agtergeblewenes versprei. Dit is nou ’n jaarlikse instelling.

MY BEWEEGREDE

“In 1999 het ek uit die buiteland na Suid-Afrika teruggekeer. Ek was tien jaar lank in Los Angeles, Amerika, waar ek as aktrise rolle in televisiereekse en rolprente soos Private Lives Betrayal en Shadowlands vertolk het. Ek het ook
vyf jaar in Londen, Engeland, gewoon.

Met my tuiskoms was ek diep geraak deur die armoede en wou op my manier ’n verskil maak. Ek ondersteun onder meer die Hospiesvereniging, want hulle het my ouers, wat albei aan kanker oorlede is, so wonderlik gehelp. My ma het in ’n weeshuis grootgeword en ons geleer om mense wat swaarkry te help.

As skoolkind aan die Hoër Meisie- skool Jeppe in Johannesburg het ek leer hekel. Ons het altyd kompetisies gehou om te kyk wie kan die meeste komberse hekel en vir liefdadigheid skenk.

My lewe het die eerste keer met Madiba gekruis vanweë sy vriendskap met my man, Douw Steyn, ’n sakeman. Dít is ook hoe ek sy eertydse persoon- like assistent, Zelda le Grange, nou sakevrou en motiveringspreker, ontmoet het. Tydens ’n verjaardagete vir my man in 2013 het ek gegrap oor al my huishoudelike vaardighede, en Zelda het my nét daar uitgedaag om die veldtog ‘67 komberse vir Nelson Mandela-dag’ te begin.

Screen Shot 2015-07-17 at 1.02.58 PM

SOSIALE MEDIA EN GLANSMENSE

Ek het op Kersdag 2013 my eerste 20 x 20 cm-blokkie begin hekel, maar besef ek het hulp nodig. Toe stig ek die Facebook-groep ‘67 Blankets for Nelson Mandela Day (South Africa)’. Binne maande het ons duisende lede in 15 lande gehad. Die meeste mense gebruik hul eie breidraad, maar soms borg ek mense wat sukkel. Ek het pal ’n hekelpen in die hand – tot nou toe het ek self al vyf enkelbed- en twee baba-kombersies gehekel.

Ek moes baie hekellesse gee, onder andere aan die sangeres Lira en komediant Trevor Noah! Die aktrise Brümilda van Rensburg het selfs van die M-Net-sepie Binnelanders se span sover gekry om te brei. Die storielyn van die komberse is selfs ingeweef in die SABC1-sepie Generations. Toe die Amerikaanse saxofoonspeler Kenny G Suid-Afrika ’n paar maande gelede besoek het, het hy op een van ons TV- advertensies gehekel. Party mense werk hul eie blokke in ’n kombers vas. Soms gebeur dit in groepe.

In April het ’n tsoenami komberse van Suid-Afrikaners en ondersteuners tot uit België, Indië en Nederland ons bereik. Ons het uiteindelik ’n Guinness-wêreldrekord opgestel vir die grootste kombers nog. Nadat ons
al die komberse voor die Uniegebou in Pretoria oopgepak het en ondersteuners van ons projek dit deurnag vasgewerk het, was dit ’n hele 3 133 m2: wraggies drie keer groter as die vorige kombers.

Dit is daarna losgetorring en aan ’n verskeidenheid liefdadigheids- organisasies uitgedeel.

Mandela-dag 2014 FOTO: Facebook

Mandela-dag 2014
FOTO: Facebook

’N NUWE LEWE

Ek kan soggens nie wag om op te staan en mense te werf om te hekel of brei nie. Die lekkerte is dat almal deel voel van iets groots en sinvol. Dis asof die projek sy eie stukrag het. Dikwels kan ek eintlik nie glo alles werk so goed uit nie. Dit is oorweldigend. Ek is so trots dat dié projek soveel lewens aanraak en verander.

Ek wéét elke steek maak saak, net soos elke goeie daad tel.

Ek doen ’n beroep op groot maat- skappye om breidraad te borg. Dit
kan geskenk word aan onder meer ouetehuise, skole, tronke, kinderhuise en kerke. Ek sou graag elke vrou wat brei en hekel persoonlik wil bedank oor ’n koppie tee. Ongelukkig is dit onmoontlik. Om dié rede reël ek
gratis geleenthede in teaters waar vermaaklikheidsterre optree wanneer weldoeners hul ‘komberse van liefde’ aan ons oorhandig as ‘toegangskaartjie’.

’n Gevangene wat help brei het, sê deur saam te brei kon hulle as groep hul gebroke lewens weer heel en hul menswaardigheid vind. Dit is asof
ons nasie saamgebind word deur kleur- ryke breidraad.”

My top-3 lesse

  1. Waag! Jy weet nooit wat wag nie.
  2. Enigiets waaroor jy droom, kan jy waar maak.
  3. Moenie bang wees om vir hulp te vra nie.