FOTO Instagram / @celinedion

FOTO Instagram / @celinedion

Hieroor praat mense

Céline Dion laat 17-jarige van Afrika viral gaan

As jy jou oë toemaak, kan jy elemente van Céline Dion in dié engelstem hoor. Maar dis die stem van die 17-jarige Gaboenees Samuel. En sy weergawe van Céline se treffer “The Power of Love” het selfs haar aandag getrek.

Céline het die video, wat Samuel se broer met sy selfoon opgeneem het, op sosiale media gedeel. En die volgende boodskap geskryf:

“Samuel, jou talent is so groot soos jou hart. Ek is aangedaan dat my liedjies al die pad na jou gereis het en ek hoop ons het ’n kans om iewers te ontmoet.”

SKERMGREEP Facebook / Celine Dion

SKERMGREEP Facebook / Celine Dion

Intussen is Samuel, wat uit ’n arm gesin kom, deur verskeie internasionale media-organisasies genader vir onderhoude.

Luister na Samuel se weergawe van The Power of Love:

Vir die volledige storie, lees Daily Mail.

Lees nou

31 jaar later: John Kani en Sandra Prinsloo by Aardklop

7 vreemde en fassinerende feite