Cézanne se nuwe wêreld
Foto’s: Liza van Deventer, Beeld Galery
Cézanne Visser (Advokaat Barbie) het klaar een goeie vriendin in Pretoria Sentraal-gevangenis gemaak.
Dis 'n ouer vrou wat haar ondersteun en 'n ogie oor haar hou.
Pastoor Philip Kruger, wat al 35 jaar geestelike berading in die Pretoria Sentraal-gevangenis doen, het die twee aan mekaar voorgestel.
"Cézanne meng met die ander gevangenes en het reeds 'n netwerk vriende. Die ander is almal baie gaaf teenoor haar," vertel Susan Lemmer, Cézanne se ma.
Sy het haar dogter Woensdag besoek. Sy was vergesel deur Cézanne se vriend van die afgelope twee jaar. Hulle het die besoektyd gedeel.
"Dit is nie maklik om met jou kind deur 'n glas te praat nie, maar dit troos om haar te sien. Sy glimlag dapper, al lyk sy vir my bietjie moeg."
Cézanne is besig om verdere studiemoontlikhede te ondersoek terwyl sy haar gevangenisstraf uitdien.
"Dis asof sy vrede gemaak het dat die wêreld buite die tronk vir eers nie deel van haar verwysingsraamwerk is nie. Sy is besig om haar eie klein wêreld in die gevangenis te skep."
Sy glo haar kind gaan 'n sterker mens uit die tronk stap.
Eksklusief!
Verwante artikels
-
"Ek verkwalik myself" - Adv Barbie se ma
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 1
-
Cézanne Visser se ma: "My lewe val uitmekaar"
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 15
Jou kind bly jou kind. Susan Lemmer, ma van die veelbesproke adv. Barbie, deel haar gevoelens met SARIE-joernalis Martie Swanepoel, wat ’n boek oor Cézanne skryf
-
EKSKLUSIEF: Cezanne se eerste week in die tronk
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 88
Cezanne Visser het die eerste week van haar sewe jaar tronkstraf agter die blad en sy probeer so dapper as moontlik om aan te pas.
















Kommentaar
marlize het gesê:
die Bybel sê 'moenie oordeel nie' - i rest my case
2de Mar. 2012, 16:16Annie het gesê:
Eenvoudig Retha, omdat sy nie skuldig is nie. !!!
28ste Feb. 2011, 16:28anti Rethas het gesê:
Jy is regtig soos al die ander Rethas. Veral die in die regsberoep. Hierdie vrou het nie n regverdige verhoor gekry nie. Sy het n uitstekende verweer gehad, die regter was egter so vaak dat hy dit nie ingesien het nie. Indien hy haar regverdig behandel het sou haar hofsaak die menseregte (van veral vroue) uitgebrei het en die 16 dae van aktivisme sou dan iets beteken het vir vroue wat nes sy mishandel is.
9de Jan. 2011, 19:51Pro Cezanne het gesê:
Sanette, Weet jy wat ek is haar ma - Susan Lemmer. Cezanne is nie die persoon wat jy klaar skuldig bevind het so saam met die media voordat die verhoor afgehandel is nie. NEE sy verdien NIE 7 jaar in die tronk nie. Gee my n kontaknommer,dan bel ek jou en dan veduidelik ek vir jou wat met haar gebeur het, as jy voel dis tydmors aanvaar ek dit. Moet dan Nie sulke afleidings maak nie asb.Jy het nie die feite tot jou beskikking nie.
22ste Jul. 2010, 21:36Sanette het gesê:
Pro Cezanne - duidelik het jy nie kinders, morele waardes of enige sin van geregtigheid nie.. wat as dit een van jou kinders was wat deur die ding se kloue is?? Word wakker. sy is n misdadiger en 7 jaar is ver nie genoeg nie!! Sy en alle ander misdadigers wat verkrag, moor, molesteer hoor lewenslank in die tronk!!
22ste Jul. 2010, 09:00Pro Cezanne het gesê:
Weet jy Retha, hierdie vrou was seker die grootste slagoffer van almal wat met die nagmerrie iets te doene gekry het. As jy nog nie besef dat sy n stryd gevoer het om JOU regte as vrou uit te bou nie dan ly jy aan tonnelvisie. Word wakker, is alle Rethas so kortsigtig soos jy?
2de Jun. 2010, 15:53Retha Jordaan het gesê:
Ek verstaan nie waarom so ophef hieroor gemaak word en die artikels geskryf word asof sy 'n slagoffer is nie. Sy is skuldig bevind aan misdade teenoor kinders en hoort in die tronk. Waarom bestee SARIE nie liewer tyd aan sake met meer substans en minder sensasie nie?
28ste Mei. 2010, 10:15