FOTO: Instagram  @colbiecaillat

FOTO: Instagram @colbiecaillat

Hieroor praat mense

VIDEO: Colbie Caillat sing oor ware skoonheid

Die Amerikaanse sangeres Colbie Caillat het ’n liedjie geskryf om vroue te laat besef dat hul ware skoonheid altyd mooier is as grimering en Photoshop. En ons is mal oor dié boodskap!

Stukkie vir stukkie openbaar sangeres Colbie Caillat en ’n groep vroue in die musiekvideo hul ware skoonheid – sonder grimering, Photoshop, pruike en allerhande tierlantyntjies.

Haar boodskap met die liedjie, “Try”, is eenvoudig: jy is op jou mooiste wanneer jy oor natuurlike skoonheid beskik – en álmal het dit.

Die video het sedert dit bekend gestel is, die internet laat gons. Kyk dit hieronder:

Nóg stories wat inspireer op SARIE.com