a2
Hieroor praat mense

Deelnemer aan sarie.com-matriekafskeid-wedstryd vermoor

Hy was die enigste seun wat besluit het om sy matriekafskeid-uitrusting in te skryf vir die gewilde jaarlikse matriekafskeidwedstryd op sarie.com.

Só het sy motivering gelui: “As julle my inskrywing uitgooi, sal ek verstaan, maar ek wil net graag my matriekafskeidaand met julle deel. Ek het tot ‘n week voor die “groot” aand nie geweet wat om aan te trek nie. Ek het net geweet ek moet iets anders doen! Almal fokus net altyd op die meisies, ‘n seun moet maar net inpas. Dis mos my groot aand ook!

Ek het my beste vriendin gevra om saam my matriekafskeid toe te gaan en sy het van die begin af gesê, sy sal inpas by my. Ek is ‘n WP hekkie atleet en speel ook al vandat ek 4 jaar oud is rugby, so my inspirasie was verseker Rugby en natuurlik met die Wêreldbeker kon ek wegkom daarmee!!

Ek het altyd gedink ek sal eendag wil trou in ‘n kortbroek en gelukkig het die matriekafskeid eerste gekom, want ek dink nie my vrou sal eendag van die idee hou nie!! My vriendin se rok het baie mooi inskakel by my “pak” en ons het baie komplimente gekry. Moet net nie dink dit was alles maklik nie, want ek was maar baie gestres oor wat die mense gaan sê. Vandag is ek nie spyt nie, want ek het ‘n “statement” gemaak en dit was ‘n wonderlike aand!!!”

Corné het verlede week sy laaste vak in die matriek-eindeksamen geskryf en dit gevier met ‘n kuiertjie by die Stones-klub in Edwardstraat, Durbanville. Hy is in ‘n vuisgeveg só ernstig beseer dat hy Saterdag in die hospitaal aan sy wonde beswyk het.

Sy gesin beskryf hom op sarie.com as “‘n baie besonderse kind en was baie gewild en geliefd onder oud en jonk!! Duisende mense het al boodskappe gestuur en verskeie dienste word vir hom wereldwyd gehou. Die enigste troos wat ek uit hierdie donker tyd kry, is om te weet my Karools kind is by sy Ouma en soooo baie mense treur saam my!!

Baie,baie dankie vir almal wat na die foto gekyk het en die brief gelees het!! My seun was so opgewonde oor almal se kommetaar! Hy het eintlik gedink almal gaan vir hom lag en niemand het nie!! Baie dankie aan almal vir alles en hou julle kinders styf vas en bewaar hulle veilig!!! Baie liefde”

sarie.com wil graag ons innige meegevoel betuig aan Corné se familie en vriende. Daar word vir  Woensdagaand 29 November ‘n optog deur familie en vriende na die Stones nagklub in Edwardstraat beplan as ‘n eerbetoon aan Corné. Dié wat wil saamstap, word vriendelik gevra om asseblief wit te dra. Almal ontmoet mekaar om 9 nm. by die park naby die M-Kem-apteek in Durbanweg.

* Lees die volle nuusberig hier

  • Elma van Rensburg

    Dit is so verskriklik hartseer. Op Maandag, 21/11/11, was hierdie foto van hom ook in Die Burger vir hoe mooi hy en sy vriendin op sy matriekafskeid gelyk het, en 4 dae later, 25/11/11, is daar weer ‘n foto van hom in Die Burger, maar die keer veg hy vir sy lewe in die hospitaal. My hart gaan uit na sy familie en vriende. Daar word wêreldwyd van hom gepraat – tot in Namibia word dit bespreek. Rus in Vrede Corne….

  • shannon Kleynhans

    Sjoe dis ongelooflik hartseer. Wat n pragtig seun! Hy kon maar wen! Baie sterkte aan die gesin en familie sowel as sy vriende! God het n pragblom kom pluk! Hoop gereg sal geskied!!

  • Mimi Coetser

    Dis verskriklik om jou kind so te moet verloor!Net die Vrede wat ons Hemelse Vader gee kan n ouer troos…mag die mense wat hom geken het dit ondervind…

  • Elize

    Ai dit is so hartseer, Corne ek haal my hoed af vir jou waagmoed en soos hy tereg gese het, dit is ook sy groot aand gewees! So hoekom moet die dames al die "shine" vang. Ek weet nie wat dit is om ‘n kind te verloor nie, maar ek weet wat dit is om jou sielsgenoot en lewensmaat in sy laat 20’s te verloor. Niemand kan regtig jou troos nie, net jou bemoedig….baie sterkte aan sy ouers, wie nou moet fokus om sy lewe op aarde te herdenk – wat baie geseend was, hy het tot onlangs ‘n vol en gelukkige lewe gehad. Sy seisoen op ons aarde het uitgeloop, en nou gaan hy ‘n volgende seisoen binne.

  • Lizette

    Hartseer verby! Vrede vir jou en mag jou ster altyd baie helder skyn!

  • Yvonne

    Baie sterkte aan al sy geliefdes in hierdie moeilike tyd. One dra jul almal op in gebed en vra day Hy Sy Hand om Jul sal vou.

  • Maritza

    Ek is seker almal wat Corne geken het se dankie dat Liewe Jesus hom in hul lewens toegelaat het. Hierdie brief wat hy geskryf het is n goeie voorbeeld van wie hy was snaaks n mens kan hom amper ‘picture’ in jou kop oor hoe hy die briefie sit en skryf het. ‘n Stappie verder het hy geneem en dit het hom by Liewe Jesus laat rus. Ek is so trots om te sien hoeveel mense die hele ‘episode’ ondersteun. Tannie Hester, oom Craig en Shaun-Michael julle was die gelukkigste hy was amper 24.7 by julle, maar nou het Jesus sy ENEGELKIND kom haal . . .my hart is bitter seer en ek weet dat die Here jul styf vas hou en nooit sal laat gaan nie julle kan maar terug kyk in die sand daar is wel by elkeen van julle net een rytjie spore sigbaar . . .JESUS dra julle :) Baie sterkte aan julle en al die verdere familie en vriende.

  • Natashia van Greuenen

    Vriende en skoolmaats hier in Oudtshoorn en George kani uitgepraat raak oor Corne se sprankelende persoonlikheid. Nou het ‘n barbaar Corne se pragtige, jeugdige toekoms weg gevat van hom. ‘n Ouerpaar en broer is agter gelaat. Sterkte vir die gesin en familie. Ek dra julle op aan die Here.

    En hy en sy vriendin het PRAGTIG gelyk met die matriekafskeid.

  • Annigje Staples

    Wat ‘n skokkende hartseer gebeurtenis! My hart gaan uit na sy ouers, familie en vriende

  • Zenia Foster Roodt

    Ja nee, wat sê ‘n mens. Ek sit en staar weereens na die foto. As kreatiewe mens myself het ek vreeslik baie van hierdie paartjie se uitrustings gehou! Die rok en sy ‘pak’ – ek hou van iets anders, iets oorspronkliks en hierdie twee het dit sowaar gedoen! Ai mense, wat gaan deur die ander ouers en die beskuldige se gedagtes. Dit was so onnodig! Geen respek vir jou naaste in die openbaar nie – so ‘n vinnige ‘manlike’ optrede voor wie? Pelle en sexy girls? En nou moet hy daarvoor boet. Corne is so oud soos my dogter, en sy het ook haar ‘klaar-met-skool-oomblik’ daar gevier saam met vriende…My innige meegevoel aan sy ouers en opregte vriende. Mag dit ‘n ‘eye opener’ wees vir diegene wat nog na hierdie voorval lus het om houe uit te deel. NS: was dit drank op jong ouderdom wat hierdie tragedie veroorsaak het? Hoop die beskuldigde kom tot inkeer, dis nog nie te laat nie!

  • Eugienne Snyman

    brawe jongman om met die driekwart broek matriekafskeid by te woon!
    brawe jongman veg om sy lewe!
    brawe jongman verloor stryd om die lewe…..mag sy ouers vertroos word deur sy DURF en moed vir die lewe en in sy herinnering troos vind!

  • Nadine Jacobs

    Ons het die voorreg gehad om Corné en sy ouers te kon ontmoet met ons dogter Nell-Marié se Matriekafskeid in 2010. Hy was toe ‘n leerder by Hoërskool Outeniqua in George en was haar metgesel na die matriekafskeid. Dit was vir ons ‘n baie groot skok toe Nell- Marié ons Donderdag bel en van die voorval verwittig. Hy was ‘n pragtige seun en baie gewild onder sy mede leerders. Ons dink aan sy familie en dra hul in ons gebede.

  • Lo-Mari

    Baie Sterkte aan Corne se familie en vriende! Hy’t waarlik so cool gelyk op sy matriekafskeid!!

  • maritza

    Aai, mens het nie woorde nie. Sterkte aan Corne se familie. Dit is sekerlik die moeilikste ding om n kind te begrawe….

  • Ronel Pretorius

    My hart is seer vir julle! My kind is Corne se ouderdom en my hart word swaar as dink dat n seun wat in die fleur van sy lewe was, so wreed van sy geliefdes weggeneem word! My gebede en my denke is by julle. Hy het stunning gelyk, so braaf om anders te wil wees! Julle het n seun duisend groot gemaak!

  • Belinda du Plessis

    Aan sy familie… Dis verskriklik hartseer… Ek kan maar net vir jul se sterkte.. Ons dink aan julle in hierdie tyd… Ons sal Woensdagaand saam met jul stap.. miskien nie tree vir tree nie,,, maar hier waar ons by die huis is… ek sal my kers aansteek… Ek het ook 2 jong kinders(21 + 22), en ek kan myself nie sonder een van hulle voorstel nie.. Daarom wil ek tree vir tree dit in my gedagte saam met julle neem. Ek is deur die matriekafskeid… die fotos… Die trots dat my seun en dogter altwee die matriek eindeksamen kon skryf. Die opgewondenheid en trane toe hul die laaste dag van hul skool afskeid neem Ek bid vir almal van julle.. Rus in Vrede Corne

  • Erlet van der Westhuizen

    Lizelle,julle twee het so mooi gelyk!! Corne se stêr skyn helder!!!!!!!! Pragtige seun!!!!!!!

  • Hilly

    Ach hoe tragies en hartseer! Sterkte aan die familie verder.

  • Adri

    ‘n Baie groot trauma om iemand so te verloor.. sterkte. Ek bid vir julle.

  • SUSAN

    DIT IS SOOOOO ‘N HARTSEER STORIE. EK DINK AAN SY OUERS, VRIENDE EN VRIENDINNE. ALLES IS SO ONNODIG. HY EN SY VRIENDIN HET PRAGTIG GELYK EN MET SY UITRUSTING HET HY GEWYS DAT HY ‘N BAIE BESONDERSE EN UNIEKE MENS IS, NES ONS DEUR GOD GESKAPE IS. ELKEEN UNIEK!!!! STERKTE ALMAL EN WEET DAT JESUS JULLE TRANE SAL AFDROOG EN JULLE SAL VERTROOS.

  • Renee Esterhuizen

    Dit is heeltemal onnodig! ‘n Pragseun, in die fleur van sy lewe. Mag God sy familie en vriende deurdra en mag hulle in hierdie tyd ervaar dat Hy hulle nooit sal verlaat nie.

  • Arné Botha

    Wat ‘n hartseer storie. My innige meegevoel aan Corné se ouers, vriende en familie. Ek dink nie dis moontlik om ooit oor die verlies van ‘n kind te kom nie. Gelukkig weet ons dat die Here ons in alle moeilike tye dra. Dis ook my gebed vir sy geliefdes. Hy lyk na ‘n oopkop jong man, wat nie skaam was om sy stempel af te druk nie. Mag die mooi herinneringe altyd met jul wees.

  • Magriet Meiring

    Ai, ek is soo bitter jammer dit het gebeur, ek gee die familie ‘n stywe druk! Hy het bitter mooi gelyk en ek hou so daarvan dat hy ook wou anders lyk "want dis mos nie net die meisie se mooi aand" nie.

  • andries .olivier

    die regering van die dag baklei so hard teen die rokers , ek rook nie , maar wat ek wil se , dat die rookers nie naastenby so baie siektes en ongeluk veroorsaak soos drank nie , ek neem aan , wat dalk verkeerd is om te doen , want geen nugter mens rand n ander so aan nie , die aanvallers was almal onder die invloed . jammer om van die tragedie te hoor , jong mense is ons toekoms . n J ong persoon wat so heen gaan het nog geen deel aan die wrede grootmens wereld gehad nie en verdien nie om so heen te gaan nie . Mag sy aanvallers swaar gestraf word . Sterkte aan die ouers en mag jul seun nou rus in vrede en liefde

  • Gezina Capazorio

    Just a short note of condolences to Morne’s family and friends. May the Holy Spirit support and give you strength during this very difficult time of sorrow and bereavement.

    From his letter to Sarie I could gather that he was an outstanding individual that made a statement. Well done to him.

    Such a waste of a precious life.

    May you rest in peace with our Heavenly Father.

  • Elnette van Eeden

    Hoe ongelooflik sinneloos om so aan jou dood te kom! Sterkte aan almal wat vir Corne lief was! Leer jul kinders om agressie te beheer, want in ons wereld word dit maklik n aanvaarbare norm!! God het vir hom n groter plan! Ek bid veral vir sy ouers!

  • KS

    Dit is ‘n vreeslike tragedie – een wat geen ouer behoort te ervaar nie. Meer so, wanneer dit uit die hand van ‘n ander persoon of persone gebeur. Ek hoop sekuriteitskameras sal ten minste die "moordenaars" uitwys, want wat anders is sulke barbare wat iemand so erg aanrand dat hulle nooit weer die son sal sien skyn nie? SA is ‘n land waar geweld teen vroue en kinders alreeds te hoog is en ons moet daadwerklik as ouers en opvoeders dit tuis bring by ons kinders dat geweld onaanvaarbaar is, veral wanneer manne se ego betrokke is. Innige simpatie aan die ouers en gesin van hierdie seun!

  • Rita Robinson

    Dis verskriklik! Dat hy lewe op so ‘n manier moes verloor en so bloedjonkl! Hy het nie eers kans gehad om te leef nie. Sterkte aan sy familie.

  • monica visagie

    Wat ‘n vreeslike tragedie!! My meegevoel aan sy ouers.Mag julle troos vind in mooi herinneringe en mag God julle bewaar.

  • Hannelie

    Baie baie hartseer ons dink aan jul as familie hy was ‘n prgatige seun so jammer dat dit met so mooi kind moes gebeur as mense maar net weet hoe laf sulke gevegte is en dat hul niks bereik nie. Mag die Heer jul sterk maak in hierdie moeilike tyd.

  • sanet van der merwe

    Dis verskriklik om te hoor hoe die duiwel ons pragtige kinders vernietig. Sy hele lewe, toekoms en ideale is in een oomblik van hom af weggeneem. Gelukkig kan julle altyd net die mooi onthou, in alles wat hy vol entoesiasme aangepak het, bewonder. Mag die Vrede van die Here julle oorskadu en styf vashou met Sy Vadershand. Vrede vir Corne ….

  • Charlene Lombard

    Corne jy blyk ‘n uitsonderlike Seun. Jou uitrusting was geheel en al anders en absoluut Stunning. Mag die Liewe Vader rustigheid by jou Ouers bring, soos jy nou daar by hom het.

  • Elma Kuyler

    Dit is nie die eerste kind wat in Edwardstraat dood is nie. ‘n Paar jaar gelede was daar ook ‘n geval waar bewerings was dat die seun selfmoord gepleeg het maar die twyfel is altyd daar dat daar ander elemente betrokke was. Met Corne se dood kom hierdie twyfelinge weer na vore en ‘n mens wonder. Alle sterkte aan sy familie want ek glo daar is nie iets erger as om jou kind te verloor nie en veral nie op so ‘n manier en deur ‘n ander mens se toedoen nie.

  • maralet van den Berg

    Ek dink hy het stunning gelyk, en mens kyk meer vir hom as die meisie, hoort so, mos sy matriekafskeid, en soos hy graag seker wou gehad het. Ek sit met ‘n knop in my keel… ek is soo jammer vir wat gebeur het, vir jou ouers se seer, vir jou wat ‘n lewe voor jou gehad het…. miskien eendag sal ons almal verstaan, vir nou moet ons glo en vertrou en smeek vir Jesus se genade.

  • Marie rheeder

    Mag n mens vra waarom so iets gebeur?????? Is dit die plek waar dit gebeur, het of die tyd waarin ons leef moet ons in vrees leef of leef of niks gebeur het nie, net nog statistiek 1 by die ander getalle. Magteloos moet ons toe kyk of self deel word van die getal. Bid vir beskerming. Vir almal na aan hom ons het nie woorde nie.Maar weeet mense wat julle nie ken nie treur saam oor julle seun. LIEFDE

  • Caroline

    ‘n mens verstaan nie altyd nie maar ek glo die Here plik sy mooiste blomme eerste.

  • Leah Bloubergrant

    So onnodig. My innigste simpatie met naasbestaandes.

  • Liza

    Corne, jy word erg gemis deur jou familie en vriende…Hoerskool Tygerberg is in rou gedompel…ek bid vir sy ma, pa en broer in die hartseer tyd…vanaand kom almal bymekaar in die oop stuk gras by MKEM en stap op na Stones waar dit gebeur het…gaan kerse brand en blomme neerle vir ‘n LEGEND wat te vroeg weggeneem is…Rus sag by God se voete…

  • Martie Joubert

    Dis verskriklik, hartverskeurend en ontsettend hartseer. My innige meegevoel in hierdie tyd van rou en vir die lewe sonder hom, wat voorlê. ‘n Mens het nie woorde nie…..

  • Alma Liebenberg

    Corne het pragtig gelyk, net weereens gewys dat mens aan jouself moet dink en nie wat ander van jou gaan dink nie, dit is voorwaar ‘n sterk karakter eienskap !!

  • Threska Roux

    Dit is verskriklik hartseer om jou enigste seun so te verloor, my gebede gaan uit na die familie en al sy vriende , Pragtige kind met so baie uitkyk en entosiasme op die lewe wat vir hom wag, net jammer hy gaan niks hiervan ervaar nie…Sal die gereg ingryp???

  • Anonymous

    My meisiekind is ‘n jaar en 2 maande en ek sien al klaar uit na haar matriekafskeid en ek glo as sy by daai ouderdom kom sal sy net so uit sien. Maar dan lees mens so iets en jou hard sink om te weet dit kan ook met jou kind gebeer. Ek dink aan die gesin en famielie baie maar dan dink ek aand daai vriend en vriendin wat daar was en gesien het hoe dit gebeer en hy of sy kon niks doen nie. Daai is ‘n gevoel wat ek baie goed ken.
    Sterkte julle en se dankie vir die tyd wat wel aan julle geskenk is … hoe swaar dit dalk kan wees.

  • Mariska redelinghuys

    Jy het stunning gelyk corne.Rus in vrede*

  • Felicity Joubert

    Dit is nooit maklik om iemand op so ‘n manier te verloor nie. Hy het soos ‘n model gelyk, en sy vriendin aan sy sy sal hy beslis gewen het, hy is ‘n wenner!! My hart gaan uit aan al sy familie, vriende en geliefdes. Mag Die Here julle seen met alles wat goed en mooi is. Hy is nou veilig in Ons Hemelse Vader se Hande en is by elkeen van julle. Alle sterkte. God sal met die kwaad doeners afhandel, jy neem nooit Jesus se kinders weg van Hom af nie…..Dink aan julle. Felicity

  • Onbekend

    Mens weet nie hoekom sulke dinge gebuer nie, ek is self 18 en kan nie dink dat mens n beter ouderdom in jou lewe kry nie, ek kan nie glo sy lewe moes op so jong ouderdom eindig nie.
    Ek wil se sterkte aan al Corne se familie en vriende, daar is n moeilike tyd wat voorle, maar alles gebeur met rede.
    Baie liefde

  • LM

    dit is rerig tragies wat gebeur het,maar mense moet in ag neem dat die man wat verantwoordelik is vir die voorval,dalk nie bedoel het dat dit so moes afloop nie!mag die waarheid uitkom en die skuldiges die straf kry wat hul verdien,al stem mense nie daarmee saam nie!sterkte aan almal wat deur dit geraak is,en dankie aan almal wat hul nou help deur die moeilike tyd!dit kan nie maklik wees nie

  • Sanél Simon

    Corné was ‘n legende wat die harte en menswees van almal wat met hom in aanraking gekom het, aangeraak het. Sy lawwigheid, sportmansgees, selfvertroue en absolute lewenslus is ‘n inspirasie vir ons wat agterbly. Die TIERE-familie van Hoërskool Tygerberg se harte is seer, baie seer. Ons huil. Ons dink aan Corné. Ons bid. Vir Corné se familie, sy vriende. Ons vertrou ook. Op ‘n lewende God wat harte weer kan heelmaak.
    Ek weet, want ek is self ‘n leerder van die skool.

  • Lynette

    Corne se ster sal altyd helder skyn vir sy familie en vriende.Pragtige kind, vol lewenslus. Sterte aan almal betrokke. Net die gedagte dat hy by Jesus is sal genoeg troos. Dink ook aan Lizelle wat in haar jong lewe weer iemand so jonk, so na aan haar so wreed verloor. Dink aan jou meisiekind.

  • christine Naude

    Sterkte aan sy ouers, grootouers en broer…..Ek het ook kinders en kleinkinders en ek sal nie een van jul so wil verloor nie…Dit is vreeslik, hoop die skuldiges word SWAAR gestraf. STERKTE AAN JULLE

  • Hanneline de Bruin

    Ek kan my nie indink hoe julle as ouers en familie moet voel nie. Ek wil net vir julle toebid dat ons Hemelse Vader julle sal vashou en vertroos in die hartseer tyd. Ek le julle neer by Sy voete! Baie sterkte en liefde!

  • Cezanne de Beer Laufs

    Ek bid vir krag, kalmte en vrede in die moeilike tyd. Daar is nie woorde wat so n verlies kan beskryf nie. Mag sy lewe voort leef in jul gedagtes en allerdaagse dade. Weet hy rus nou by die Here. Met innige meegevoel van n ou Tier uit Nelspruit. "Corne jy het so baie mense se lewens geraak wereldwyd, al is dit net vir mense om weer te besef die lewe is so kort ons moet elke dag mekaar lief he en waardeer!"

  • Matilda

    Ek dink ook hy was ‘n pragtige jong man. Dit is vreeslik dat ‘n jong lewe net so weggeneem kan word.

  • Leandre grotes

    Ekt corne ni regtig geken nie,ek het hom maar op fb ontmoet en het agter gekom dat hy regtig n wonderlike,mooi,fantastiese jong seun was wat altyd deur almal onthou gan word…baie mense vra vrae,mar daar is altyd n regte rede hoekom n waarom…dalk ws dit net sy tyd onz weet ni mar ek sl hom altyd in my hart dra en onthu RUS IN VREDE CORNE LEGEND HALE JYS IN N BETER PLEK…:(

  • Leandre grotes

    Ekt corne ni regtig geken nie,ek het hom maar op fb ontmoet en het agter gekom dat hy regtig n wonderlike,mooi,fantastiese jong seun was wat altyd deur almal onthou gan word…baie mense vra vrae,mar daar is altyd n regte rede hoekom n waarom…dalk ws dit net sy tyd onz weet ni mar ek sl hom altyd in my hart dra en onthu RUS IN VREDE CORNE LEGEND HALE JYS IN N BETER PLEK…:(

  • T.H

    Die laaste keer wat sy ma en ek hom gesien het toe ons weg ry by werk was hy so gelukkig en die middag het sy my vertel van Sarie inskrywing ek lees dit nou vir 1 ste keer en my keel trek toe bid asb vir sy familie hulle is gebroke

  • Jennifer Sandmeier

    Hester en Craig, ons ken nie mekaar nie, maar ek weet dis ongelooflik seer. Ekt ook n jaar en 9mde gelede my bulletjie verloor en hy was maar net 11jr oud en ek weet nie regtig hoe ek dit tot hier gemaak het nie, al wat ek wou doen, was doodgaan. Daar lê "n ongelooflike moelike tyd vir julle voor. Daar’s niks so erg as om "n kind te verloor nie. Ek probbeer ook "aangaan", maar die gemis kry my onder… ek bid vir julle.

  • Annie

    Wow, guts to be the unique, passie vir die lewe en werklike besonderse jong man. ‘n Ou wat nie bang is om ook ‘n sagter kant van homself te wys en dink ander gaan hom klassifiseer nie. Corne jy maak werklik jou ouers en broer trots om deel te kan wees en kon wees van jou lewe. ek is seker Corne en sy gesin het 100’e mense se rolmodelle geword. It aint goodbye, but till you meet again. Jou memories sal verewig bly skitter. Mag jou drome steeds vervul word. RIP

  • TESS JENKINS

    AAAI…. THIS IS JUST TO SAD FOR WORDS…. NO PARENT SHOULD EVER BURY THEIR CHILD… AND ESPECIALLY TO A REASON OF VIOLENCE… IT IS SAID THAT IT IS NEVER TO LATE TO SAY SORRY….. HOW ON EARTH DOES A PARENT ACCEPT APPOLOGY FOR SOMETHING LIKE THIS… I TRUELY PRAY FOR THIS FAMILY AND HOPE THAT IN TIME GOD WILL SEND PEACE ..

  • Magrietha

    Ag,nou is my hart darem naar en seer oor die prag kind.ek het nie woorde nie.ek ken hom nie maar ek is stukkend nou van binne.

  • Marthie Schalkwyk

    Ai, dit is `n sinnelose daad en oneindig hartseer! Mag God julle vertroos, ek bid vir julle. Ek het ook kinders, ek huil saam met julle…

  • hfzjnilh

    v23Tbf ztbbchjfdbqm, [url=http://tpqtzigmdswa.com/]tpqtzigmdswa[/url], [link=http://goablsmwvbzy.com/]goablsmwvbzy[/link], http://oxhxxcjgnrcu.com/

  • Verna

    Dis amper n jaar later,Ek het tans n kind in matriek en soek na uitrustings vir ’40days’ toe ek op die artikel af kom.Ek kry nou hoendervleis terwyl ek bogenoemde lees.Ek vertrou dat tyd darem bietjie van die wonde geheel het.

  • Weexjouffcore

    Imagine what if there was cracked system which teach win a lottery 98% of time. Find out this site if you wish to win lottery almost every time you play …
    [url=http://how-to-win-a-lottery.net]find out more[/url]

  • excichWef

    Reading Your ex boyfriend Again can be described as step by step tips guide which experts claim explains ways to get her to come back the correct manner. This guide you provide relationship advice and thus educate you on how you can articles your girlfriend returned so overlook the good reason you actually disbanded, in addition to relatively like to get you really again. Whilst sending texts can be quite unhealthy after waiting a separate anytime executed wrongly, it’s a very strong application when you are aware issues tell in case to tell you doing it. You won’t just learn how to deliver quite short, but still beneficial thoughts, as well as in the event the easiest time of from to complete to have a result. Among the earliest relationship advice you’ll find by way of Words and phrases Your ex lover Back can be the connection may well worth hoping to get back again. This is successfully done as a result of giving an answer intensive questions about which in fact had union, your ex boyfriend, leading to you’ll physically. This will be significant on account that scant few loving relationship is meant to you should be, however when your own house is without a doubt, you will for you to do all things in a person’s power to ensure that you really don’t relinquish the male or simply chick often.

    Website decide that you prefer to get utilizing your ex-spouse simply because you were made to end up [url=http://text-yourexback-review.blogspot.com]http://text-yourexback-review.blogspot.com/[/url] mutually, then an assist will coach you on quite a lot of start function that will. Word Boyfriend Returned consumer reviews suggest that not all the way is recommended, style of an individual which are doing fine. Just what lots of the Writing They Returning product reviews take care of assert, even though, location where well this help helps, and also the you’ll find your wife right back if you try this. So if you’re planning to win back your ex, then you’ve got to examine Text messaging Your partner Once again because the plan a successful advise that’s going to improve your lifespan. Which Your girlfriend Backside perusing methods can be described as 2 month without risk litigation intended to illustrate information on how impressive it is actually. The several Writing We Ex-boyfriend or girlfriend Returning skills have tips and hints and so impressions that you get him or her with actually feel with the intention that the child ends thinking of the reason why many left one, and then instead what would be the fact made them adore you will anyway. Website any tad be jealous of, internal integrity, or even slightly missing is going to do you’ll need to. A new report in addition , says exactly what to textual content to have the conversing on track a lot more, and just what to tell you if your saying begins.

    The following information also has been called the Content material Your ex-girlfriend Ago sting using those that have definitely not ever done it this is because it sounds very easy. Adequately, you wish to ., nevertheless it’s known to operate. The price of the total guidebook, additionally bonus, having the Written text Your ex boyfriend Back discounted rates is undoubtedly only $50, that is well value of never ever dropping off ones own partner through out everything.

  • Foetlymitymom

    Txt Him Back once again is regarded as a complete manual it will show you get him / her backside perfectly. This ebook you provide relationship advice together with coach you on the optimal way to words and phrases your ex girlfriend backside to assist you leave out the underlying cause one went separate ways, or rather than have to get you returned. Despite the fact online messaging could be very hazardous looking for a split up once made erroneously, tinkering with extremely powerful equipment when you know factors to suggest then when to note it all. Simply dropping pounds submit quick, still profitable points, plus also after the very best age of the afternoon to take some action online a result. A lot of the primary relationship advice online you get that includes Written text Your partner To come back is whether or not the connection is really worth getting backside. This is achieved as a result of picking up descriptive questions about the first kind union, your ex boyfriend, and approximately we i believe. This will be relevant considering the fact that not many marriage is meant to wind up being, but once your own property is really, then you’ll need to try everything in your main ability to make certain to it’s best not to miss the individual or simply women you have always wanted.

    Website determine that you have to win back together old flame because you eventually must often be [url=http://text-yourexback-review.blogspot.com]text your ex back michael fiore[/url] alongside one another, next the guideline will likely coach you on various tips to achieve who. Articles Your ex gf Lumbar region consumer reviews suggest that each and every technique necessary, there is however the one that will also work. What on earth the different Message Him / her Backside assessments provide articulate, on the other hand, is when well this tips guide is successful, and the way that you’ll receive girlfriend to come back by trying the situation. As a result desperate to get back together, you’ll need to review Text messaging Them Backside given that it a proven handbook designed to reprogram your existence. The writing Your ex girlfriend Lower back browsing program is regarded as a 2 month exclusive free trial designed to make suggestions the way in which reliable it happens to be. Diverse Wording Everyone Old boyfriend or girlfriend To return techniques may include creative ideas plus resulting feelings that you get boyfriend in order to truly in order for she or he leg stretches deliberating how that they trashed your business, and so rather what is the fact that made them fall in love with everyone primarily. You might find that your particular small amount of envy, emotional sincerity, or perhaps just a tiny neglecting are going to do in order to. The main instruct furthermore informs you of what to text message to find the discussion started out any more, and what to state that whenever the conversing will start.

    This guide has become known as Content material Your ex-girlfriend Returning unscrupulous by folks who have not even completed it this is because is perceived quite simple. Perfectly, it is really possible, but it’s that will work. The sourcing cost of your complete manual, plus gifts, with your Sms Them Back bargain is in fact cheaper than $50, that could be well worth the price of not really shedding your own personal true love throughout your freedom.

  • Ontogpeerge

    Writing Your ex wife To return may be a grade by grade assist which shows you how to attract him / her back right. The following information you provide relationship advice online and also teach you the obvious way to written text him / her back once again to actually overlook the good reason anyone broke up, and then in fact have to aquire that you backwards. When messaging will be really damaging looking for a split-up each time done too agressively, it can be a powerful approach when you’re conscious get the right announce when to state keep in mind this. Not only will you discover ways to shoot tiny, as of yet profitable posts, but even if ever the preferred length of the whole day to take to be a response. The initial relationship advice online you will have due to Phrases Your ex wife Returned is actually the partnership warrants seeking to get back. Adequate using figuring out deep questions about happens to be matrimony, he, contributing to one directly. It’s important mainly because not many friendship is designed to remain, , however, if your own house is normally, you will to achieve everything in your personal capacity to helps you you should never relinquish the individual or alternatively girl often.

    When you finally think that you ought to regain together with old girlfriend once you need to generally be [url=http://text-yourexback-review.blogspot.com]click here[/url] alongside, then that steer is likely to instruct you different manhood achieve the fact that. Wording Your ex gf Spine studies advise that there were approach is expected, but there is person who do give you results. What the different Written text Your girlfriend Backside ratings make express, on the other hand, is the place where well this instruction works best, and the way that you can aquire your boyfriend or girlfriend lumbar region if you try that it. If you’re desperate to win back your ex, you will need to review Copy Your ex gf Returned while it a verified instruction that will actually make positive changes to way of life. The call He Again critiquing course really is a 8 week virtually risk free experiment that would illustrate ways potent it is. The diverse Articles That you Former To return ideas include plans as well as beliefs you’d like to have your ex girlfriend to actually seriously feel to be sure they inhibits dallas exterminator the actual reason why they left you actually, in addition to rather what would be that built them into enjoy most people from the beginning. You should find than a little be jealous of, secure truth, or possibly quite overlooking is going to do in order to. The guide definitely claims what to written text discover the call up and running repeatedly, and just what to enunciate when the talking about starts out.

    This ebook will be the Textual content Your girlfriend Ago con via brought on by probably not ever done it because the device is likely really easy. Definitely, it is easy, but it’s that may do the trick. Most certainly don’t the entire manual, moreover deposit bonuses, having the Written text Your ex wife Back again reduced can be well under $50, which is certainly worthy of the cost not really burning off a person’s true love for the rest of yourself.

  • xrumer service

    xrumer proxies [url=http://xrumerservice.org]click here[/url] google backlink checker
    seo tips