60minutes
Hieroor praat mense

Deon Helberg, Manda en Jalien Reyneke praat openhartig op TV

Verlede jaar het ‘n liefdesdriehoek tussen ‘n rugbyspeler, ‘n pragtige model en haar ma amper tragies geeïndig toe die ma, Manda Reyneke, twee mans gehuur het om die rugbyspeler, Deon Helberg, te vermoor. Deon is oor die komplot gewaarsku, sy moord is gefnuik en só is Manda se betrokkenheid by die beplande huurmoord ontbloot.

Die Australiese program 60 minutes vertel hul verhaal:


  • Mona Henn

    Vaderland, ek is stom geslaan, weet nie wat om te se nie. Maak nie saak wat gebeur jou moet ten alle tye jou hoof omhoog hou en die wereld in die oe kyk. Nie eens al die geld in die wereld kan selfrespek koop nie. Ek kan hulle alleen sterkte toewens..

  • manda reyneke

    As jul ‘n verhaal het om te "copy" – waarom nie maar ‘n slag die feite weergee nie?
    Waarom nie maar ‘n slag jul eie navorsing doen nie?
    Waarom nie maar ‘n slag gaan lees wat die uitspraak van die hofsaak was nie?
    Waarom nie maar ‘n slag wegkom van huurmoord en onwaarhede rondom dit nie?
    Dit u werklik dat, indien daar ‘n "huurmoord" was, ‘n landdros ‘n opgeskorte vonnis kon oplê?
    Dit is vir redes soos hierbo genoem dat ek nie meer met die plaaslike media wou kommunikeer nie.
    Gaan lees gerus die berig wat Hanti Otto vir Beeld geskryf het – sy het ten minste die aanklagte en die uispraak van die landdros korrek.
    Ek weet dat die etos van beriggewers is dat feite net nooit in die pad van sensasie moet staan nie.
    Dit is betreurenswaardig.

  • Maryke van SARIE

    Beste Manda. Dankie vir jou kommentaar oor die storie. Hierdie is slegs ‘n web-storie en word glad nie in die tydskrif gepubliseer of opgevolg nie. Ons het bloot die video wat einde verlede week opskrifte op die aanlyn-nuuswebtuistes gehaal het, onder die aandag van ons weblesers gebring.

    Ons het die insetsel as die eintlike storie beskou en dit was nooit ons doel om dit as ‘n volwaardige storie aan te bied nie. Wat wel vir ons ‘n groot inspirasie was, was Jalien se ongelooflike vergewensgesindheid. Sy’s voorwaar ‘n besondere mens. En dit word so mooi in die insetsel gewys.

  • Marianne Jacoby

    Ek woon in Australia en het die program heel toevallig gekyk. Ek was so geskok – nie gedink sulke goed gebeur in ons Suid Afrika nie – altyd gedink ons Afrikaners is n bietjie spesiaal.

    Dit was nou net weer olie op die vuur vir die Australiers om ons nog meer te kritiseer. Ai Ai….

  • Theresa

    Beste Manda. Wat betreurenswaardig is, is wat jy gedoen het. Stem saam met Maryke, Jalien is ‘n ongelooflike jong vrou. Sterkte vorentoe

  • Nicola

    Manda ek dink nie jy het enige voet om op te staan of om erens jouself te probeer regverdig nie. Jou eie woorde is gebruik in die video insetsel en jy het duidelik nogsteeds ‘n groot probleem. ‘n Ma wat so iets aan haar dogter doen en ‘n minderjarige seun verdien nie die voorreg om ‘n ouer genoem te word nie.