Hieroor praat mense

Deon Meyer, Dana én ander op die kassie

Dié advertensie het mense aan die gons. Bekende Afrikaanse top-skrywers span saam in ‘n advertensie-veldtog vir NB-Uitgewers om hul e-boeke te bemark.

Waaroor al die bohaai oor e-boeke?

Daar is talle voordele van e-boeke, sê NB-Uitgewers. Dit sluit onder meer in die gemak en spoed waarmee boeke afgelaai kan word én die feit dat niemand ooit vir jou kan sê ‘n boek is uitverkoop nie. Die boeke is ook enige plek in die wêreld beskikbaar!

Hier is wat die skrywers oor e-boeke te sê het:

[box:grey:full:both]

Deon Meyer, wie se jongste roman, Kobra, later vanjaar verskyn:

’n Hele boekwinkel in die palm van my hand. Genoeg leesstof vir enige reis, maar die tas is nie swaarder nie. Hoe kan mens nie mal wees oor e-boeke nie?

Anchien Troskie / Elbie Lötter wat die aangrypende verhaal Dis ek, Anna geskryf het:

Ek verlekker my keer op keer daaraan dat ek tans 157 boeke oral met my kan saamdra, en dit in een hand!

[/box]

Die e-boeke is beskikbaar by Leserskring, Kobo, Kalahari  én Amazon se Kindle Store en kan op enige e-boekleser, tablet, rekenaar of slimfoon gelees word.

By Audible.com is daar ook Afrikaans luisterboeke beskikbaar wat afgelaai en geluister kan word – dit sluit ook Afrikaanse kinderboeke, soos Jakkals en Wolf, in.

[box:red:full:both]

Jy kan ook jou SARIE digitaal lees

Moenie één uitgawe van jou gunsteling tydskrif misloop nie. Jy kan ook jou SARIE en SARIE KOS op jou e-leser of rekenaar lees.

Teken nou in vir die digitale weergawes! Kliek hier, skakel 0860 105 802 of stuur ‘n e-pos aan  sarie_inteken@media24.com

[/box]