srdeon_meyer_1_bw
Hieroor praat mense

Deon Meyer oor die Karoo

“Ek het ’n vakansiehuis op Loxton en gaan so gereeld as moontlik. Dáár is ek gelukkig. Ek voel tuis in die natuurskoon met die helderblou lug en ek het daar vrede en gemak in myself.

“Mense daar het tyd vir mekaar. Hulle vertel stories en gesels – en nie op Facebook of Twitter nie. Ek is ook ’n motorfiets-fanatikus en niks kom naby die Karoo se grondpaaie nie. Dis die lekkerste speelplek!

“En die weer in die Karoo is fantasties. Ek geniet die kontrasterende seisoene, waar dit sweetwarm is in die somer en yskoud in die winter.

“Daardie ekosisteem en grond is so broos. Uit navorsing wat ek al gedoen het, is dit duidelik dat hidrobreking baie skade gaan doen.

“Nee, ek sal voor daardie masjiene gaan lê voor ek hulle toelaat om daar gate te boor!”

  • Kaasmeisie van Grahamstad

    Ja-ja-ja! My geliefkoosde plek is Prins Albert. Ek weet dit is nou die nuwe Yuppie heiligdom, maar as jy uitstap op die koppie aan die suidekant kan jy nog regte mense regte dinge sien doen. Ek glo nog steeds NP van Wyk Louw het dit eintlik oor Prins Albert gehad (en nie die betreinde Beaufort-Wes nie) toe hy gepraat het van daai mense in die tennisbroekies.
    En soos Arthur Dent sal ek ook gaan l^e (skuus, die skootrekenaar doen nie kappies nie) voor die ‘diggers’ as hulle die hartland wil oopkrater.

  • Carine

    Dankie, Deon! Jy verstaan die hartklop van die Karoo en sy ewigheidswaarde. Wal-gooi is ons voorland, dalk, maar protes moet ons vooruitloop.

  • Magriet Meiring

    Delia du Toit dink ek, is ‘n goeie joernalis, sy skryf boeiend en mens kan net nie ophou om van hierdie persoon(skrywer) Deon Meyer te lees nie. Deon Meyer mag maar skryf!!!!! En natuurlik die Karoo….so rustig en eg en aards en mooi!!!! Wens ek kon daar bly, en tog weet ek hoe ‘n harde wereld dit is. Baie dankie Sarie vir wonderlike artikels!!!