FOTO: Getty Images / Westend61

Hieroor praat mense

Dié 15 goed irriteer mense die meeste

’n Reddit-gebruiker het onlangs op dié aanlyn platform gevra: “Wat irriteer jou die meeste?” Duisende mense het gereageer. Hier’s die dinge wat die ergste gekrap het …

In die openbaar:

1) Mense wat nie jou persoonlike ruimte respekteer nie.

2) Mense wat drentel op sypaadjies.

3) Mense wat in die openbaar spoeg, oopmond kou of snork.

4) Motoriste wat nie ’n behoorlike volgafstand hou nie.

5) Ongeskikte, onbehulpsame winkelassistente.

 

Vriende en familie:

6) Iemand wat op hul foon vroetel terwyl jy met hulle praat.

7) Vriende wat op die nippertjie ’n afspraak kanselleer.

8) Swak tafelmaniere of mense wat hard kou.

9) Mede-huisbewoners wat slordig is en nie agter hulleself skoonmaak nie.

 

By die werk:

10) Kollegas wat sonder oorfone musiek of video’s luister.

11) Mense wat hard op die foon praat – veral as dit ’n persoonlike gesprek is.

12) Kollegas wat jou onnodig onderbreek.

13) Kollegas wat persoonlike goed deel of jou gedurig uitvra oor jou persoonlike lewe.

 

Algemene dinge:

14) Stadige internet of die Wi-Fi wat nie werk nie.

15) Inbelsentrums (en die “hysbak”-musiek wat speel terwyl jy wag dat iemand jou oproep neem).

Wat irriteer jóú die meeste? Vertel vir ons!