sr1205lira
Het jy gehoor?

Die 20/25-konsert – SA en Duitsland vier vryheid

Vanjaar vier nie net Suid-Afrika 20 jaar van demokrasie nie, maar ook in Duitsland is dit die 25ste herdenking van die val van die Berlynse Muur. Die 20/25-konsert word op 9 November 2014 in Pretoria gehou ter viering van dié mylpale.  

Van SA se topsterre gaan daar optree, soos die internasionaal bekroonde sangeres Lira en die legendariese Yvonne Chaka Chaka.

Yvonne, wat al 25 jaar lank deel is van die land se musiekbedryf, doen ook graag werk vir liefdadigheid. Sy is ’n Verenigde Nasies-ambassadeur vir die Roll Back Malaria- vennootskap, sowel as ’n welwillendheidsambassadeur vir die VN se Kinderfonds ten bate van malaria in Afrika.

sr1205lira

Lira se albums het al platinumstatus bereik, sy het al verskeie toekennings gewen en haar optredes word beskryf as absoluut sensasioneel! Sy het al die verhoog gedeel met supersterre soos Alicia Keys, Shakira en John Legend, en daar is sprake van ‘n groot deurbraak in die VSA met die bekendstelling van haar album Rise Again – haar debuut-uitreiking in Amerika. Met haar groot aantal Facebook-bewonderaars is Lira waarlik ’n Suid-Afrikaanse superster.

Kom raak deel van geskiedenis…

Kaartjies vir die 20/25-konsert kos R50 stuk. Te koop by Computicket en www.plankton.mobi. Of kry joune op die dag teen R70 by die hek.