INSTAGRAM : @pilotpatrick
Hieroor praat mense

Dié 3 beroepe het die meeste stres

Vlieëniers het die meeste stres? Vir almal met ’n nege-tot-vyf-werk klink dit na ’n droommanier om jou brood en botter te verdien.

Tog, dis uitputtend vir kop en lyf. En al daai passasiers vir wie se lewe jy verantwoordelik is, kan jou seker snags ’n paar nagmerries gee.

Pilot Patrick Instagram

Aan die ander punt van die skaal is ekonome. Die penarie waarin die land se ekonomie is, jaag blykbaar nie juis hul stresvlakke op nie, volgens ’n opname deur PharmaDynamics waarby sowat 40 beroepe ingesluit is.

Die grootste verassing, wag hiervoor, is haarkappers. Hulle het naas vlieëniers die stresvolste beroep. Dalk omdat jy nooit weet wanneer ’n briesende kliënt wat nie van die eindproduk hou nie, jou met ’n skêr gaan bykom nie? Haarkappers werk teen ’n vinnige pas en in ’n omgewing met baie dampe en geraas wat hul reeds hoë angsvlakke verder opjaag, volgens Mariska van Aswegen, woordvoerder van PharmaDynamics. Dis ook fisiek uitputtend: hulle staan baie en sukkel dikwels met chroniese rugpyn.

FOTO Instagram : @dailyblowhair

FOTO Instagram / @dailyblowhair

Derde op die lys is boere, en wie kan dit bevraagteken? Al daardie gestaar na die wolke vir net ’n bietjie reën! En dan sous dit weer só dat als verspoel. Of dit hael.

FOTO Instagram / @KLKlandbou

FOTO Instagram / @KLKlandbou

Volgende op die lys:

Filmregisseur

Verpleegster

Polisieman/vrou

Korporatiewe- uitvoerende beampte

Dokter

Sanger

Wenke om stres beter te hanteer

– Loop liefs weg as jy jou vererg.

– Oefen. Endorfiene word dan vrygestel, wat jou bui verbeter.

– Sit soms die rekenaar, slimfoon, televisie, als af.

– Slaap minstens agt ure per nag.

– Vertel jou familie en vriende as jy ’n rowwe tyd het.

Lees nou

Christia Visser: My top-skoonheidswenke

Tannie Poppie kook weer (met haar eie wyn ook) + haar gewildste pampoentert-resep!

Help, ek het ’n buite-egtelike verhouding!