FOTO:  i.mgur

FOTO: i.mgur

Hieroor praat mense

Dié 5 vroue is die laaste mense wat in die 1800’s gebore is

Die webtuiste Earth Porm berig dat die laaste 5 mense wat in die 1800’s gebore is, almal vroue is.

Twee Wêreldoorloë, die eerste vliegtuig, die televisie én die internet – dié vroue het dít alles in hul leeftyd gesien.

Misao Okawa, Gertrude Weaver, Jeralean Talley, Susannah Mushatt Jones en Emma Morano FOTO:  i.mgur

Misao Okawa, Gertrude Weaver, Jeralean Talley, Susannah Mushatt Jones en Emma Morano
FOTO: i.mgur

Misao Okawa van Japan, 116

Misao Okawa is op 5 Maart 1898 gebore. The Telegraph berig dat sy getroud was, maar vir die afgelope 83 jaar ’n weduwee is. Haar geheim vir haar langlewendheid? Sy sê goeie gene, genoeg slaap, oefening – en sushi!

Gertrude Weaver van Amerika, 116

Net een van Gertude se vier kinders is nog lewend – en hy is in sy 90’s. Haar gunsteling-aktiwiteite is Bybelstudie, manikure en rolstoel-dans, vertel sy aan Time.

Jeralean Talley van Amerika, 116

Jeralean woon saam met haar dogter en gaan nog jaarliks op visvanguitstappies en besoek ook casino’s. Tot haar 105ste verjaarsdag was sy nog baie aktief en het self haar gras gesny!

Susannah Mushatt Jones van Amerika, 115

Susannah is in 1899 in Alabama gebore en in 1923 na New York City verhuis. Sy woon vandag nog in dié stad.

Emma Morano van Italië, 115

Emma is die enigste persoon op dié lys wat alleen en sonder sorg woon. Sy is die oudste van 8 kinders, maar die enigste een wat nog leef. Sy was tot haar aftrede op 75 die kok in ‘n koshuis.

Emma glo sy lewe so lank weens haar dieet – sy eet elke dag een rou én een gekookte eier.

Misao Okawa, Gertrude Weaver, Jeralean Talley, Susannah Mushatt Jones en Emma Morano FOTO:  i.mgur

Misao Okawa, Gertrude Weaver, Jeralean Talley, Susannah Mushatt Jones en Emma Morano
FOTO: i.mgur

Lees meer oor dié 5 vroue HIER.

Bron: Earth Porm