FOTO Unsplash

FOTO Unsplash

Hieroor praat mense

Die eensaamste walvis

Iewers in die diepsee is daar glo ’n walvis wat sing op ’n frekwensie van 52 Hz, maar geen walvis reageer nie. Normale walvisse se frekwensie is tussen 16 en 40 Hz.

In 1989 het die Amerikaanse vloot ’n vreemde frekwensie onder die see opgetel, ’n klank so laag dat geen ander dier dit – sover bekend – al gemaak nie. Bill Watkins, ’n mariene bioloog, het besef dat dié walvis uniek is en dat dit moontlik alleen was. In 2004, ’n paar maande nadat Watkins sy 12 jaar lange navorsingswerk en klankopnames gepubliseer het, het hy op 78 gesterf.

Lees die volledige storie op BBC.

Die Hollywood-akteur Adrian Grenier was so ontroer deur hierdie storie dat hy besluit het om ’n dokumentêre prent te maak52: The Mystery of the Loneliest WhaleDis glo nog in die produksiefase, maar intussen het Adrian die organisasie Lonely Whale gestig. Dié organisasie poog om mense daarvan bewus te maak dat ons die see beter moet oppas.

Kyk ’n voorskou van die dokumentêr:

Só klink die eensaamste walvis:

Het jy geweet?

Vandag is Wêreld-oseanedag. En jy kan seediere in hul natuurlike habitat aanskou, soos moordvisse! Besoek Explore.org en sien ’n regstreekse uitsending.

Lees nou

Afbeen-avonturier Lewis Pugh Rusland toe