Hieroor praat mense

Die beste Moedersdag ooit

TYD VIR TEE – SWEETIE-PIES

Sweetie-pies  

Bestanddele:

• 200 g donkersjokolade, gesmelt
• 8 gelatien-velle (kyk by jou supermark se gebak-afdeling)
• 200 ml koue water
• 400 g (480 ml) strooisuiker
• 100 ml warm water
• 2 ml sout
• 30 ml haselneut-likeur of 10 ml vanieljegeursel
• 10 g haselneute, gekap
• 10 ml pienk koskleursel
• 12 karamelgeur Marie-koekies

Verf die holtes van 6 silikoon-vorms met sjokolade en laat stol in vrieskas. Hou so aan tot jy die vorm met 5 lae sjokolade bedek het.Week gelatien in 200 ml koue water tot sag. Plaas bakkie met water en sagte gelatien in mikrogolfoond en verhit tot gesmelt. Plaas gesmelte gelatien in ’n elektriese menger.Gooi strooisuiker en 100 ml warmwater in ’n kastrol. Verhit oor lae hitte en roer tot suiker opgelos is. Kook suikerstroop tot sowat 120 ˚C op ’n suikertermometer. (As jy nie een het nie: Dis gewoonlik reg sodra die buiterand van die suikerstroop van kleur verander.) Sit menger aan en gooi warm stroop in ’n dun straaltjie by.Voeg sout en likeur by.Klits vir 12 – 15 minute teen hoë spoed of tot die mengsel blink en stywe punte vorm.Voeg gekapte neute en kleursel by.Verdeel mengsel tussen sjokolade-holtes en plaas ’n Marie-koekie bo-op elkeen.Smeer res van sjokolade bo-oor om koekie te bedek. Laat stol in yskas vir 20 – 30 minute.Keer versigtig uit. Sit voor, of draai in bakpapier toe en gee dit as geskenke.

Kyk’n stap-vir-stap video om dié sweetie-pies te maak

MAAK VIR MA DIE ROOS-BORSSPELDE

Roos-borsspelde AANWYSINGS:
Gebruik ’n bestaande borsspeld (badge) en trek dit met ’n afvallappie oor. Trek die borsspeld na en knip 1 cm rondom aan. Ryg dit rondom in en trek styf om die borsspeld. Heg stewig af. Vou lusse op verskillende maniere van mooi lint (ons het Ebony & Ivory s’n gebruik) en werk aan agterkant vas.
  • Susan Steenkamp

    Kan dit nie maar elke dag Moedersdag wees nie. Ek mis my ou Moeder so baie en wens dat ek haar nog gehad het om elke dag so ‘n bietjie te bederf. Meer telefoon oproepe, meer kuiers, meer gereeld sorg dat die Huisgenoot Maandag daar is en nie ‘n dag later nie, want sy wag vir die blokkiesraaisels. Lekker kos neem na die aftree oord en sommer net enige iets wat haar gelukkig gemaak het. Nou is sy weg en so ook my kosbare skoonmoeder en daar is niemand om Sondag te bederf nie.

  • Rita

    Ek voel ook soos jy. Ek het my Moeder al 22 jaar gelede verloor en my skoonma net 2 maande na haar. Ek mis hulle verskriklik nog elke dag, en wens ook soms ek het hulle nog meer bederf en gekuier ens. Mis dit ook om op sulke dae iemand te bederf. Wanneer ek bederf word deur my kinders, dan verlang ek weereens vreeslik na haar.

  • Elize CaWOOD

    Ek is besig om ‘n Moedersdag ete by ‘n aftree oord in Stilfontein(naby Klerksdorp)
    te beplan. Enige idees – hulp van die families is maar min. Kan nie glo mense gee so min om nie –

  • Dalene

    Verlede jaar het ek gedink dat ek nie so baie geld het vir ‘n Moedersdaggeskenk nie en dat ek hierdie jaar sal opmaak daarvoor.

    My liewe Mammie was baie gelukkig oor die geskenk wat ek wel vir haar gegee het al het ek self skuldig gevoel oor ek gedink het dis nie genoeg nie.

    ‘n Paar maande later is sy gruwellik vermoor in haar huis en nou sal ek nooit weer vir haar enige geskenkie kan gee nie, gering of duur.

    Sondag le soos die berg Arrarrat voor my. Wat doen mens as jou ma nie meer daar is nie?

    Waardeer jou ma elke dag. Die tyd loop so vinnig uit.

  • Gerhard

    Ek dank die Here elke dag dat ek nog my moeder het. Ek weet regtig nie hoe ek sal kan klaarkom sonder haar nie. Elke naweek is vir my ‘n hoogtepunt; iets waarna ek die hele week uitsien, want dan kuier ek en my ma. Sommer die hele naweek lank! Ek weet nie wat ek gaan doen vir Moedersdag nie, maar ek sien elke week as Moedersweek. Wat ‘n voorreg om te kan SMS en epos op ‘n daaglikse basis. My hart is by julle wat nie meer mammas het nie.

  • Joyce Fivaz

    Voel elke dag moet Moedersdag wees, ek kuier elke etenstyd by my Moederlief, en elke Saterdag
    laai ek haar op vir haar inkopies!! Raak net nooit moeg vir haar wonderlike geselskap, hierdie
    Moedersdag is sy in die hospitaal na n knievervanging maar al 9 ons kinders en al die kleinkinders
    sal haar nog steeds bederf!!!
    Sal Sondag aan almal dink wat nie so gelukkig soos ons is nie!!

  • Elsa

    My ma is oorlede toe my dogtertjie maar elf maande oud was. Om vir haar ‘n eerste verjaarsdag te reël was die ergste wat daar kan wees.

    Toe ek die koek moes bestel, het ek so gehuil dat die dame vir my gesê het ek laat nie my ma rus nie.

    Dit het my ontstel, want sy was my alles, ek het nie susters nie net ‘n broer wat maar seker op sy eie getreur het oor haar.

    Tot vandag toe is dit vir my verskriklik erg as ek ‘n ma en dogter saam sien, ek voel hartseer, ingedoen, seer, want ek wil dit ook graag nog so hê, ons het so alles saam gedoen, mekaar elke aand gebel.

    Sjoe vandag is weer ‘n reëndag in my lewe, want ek MIS haar, wil haar so graag so baie vertel, my kinders is nou groot en vra my nie eers na my ma meer nie, want hulle het haar nie geken nie! Sy het so mooi naaldwerk gedoen toe my kind ‘n matriekafskeid rok moes kry het ek geweet my ma sou dit die BESTE kon doen, en nou moet ons ‘n ander plan maak.

    Mamma, jy is oorlede in 1990 en nogsteeds vra ek vir God om vir jou boodskappies te stuur van my af!!

    Partykeer ry ek in my kar, dan voel dit of ek my ma se parfuum ruik. Dit maak my opgewonde en dan weer so weer, want haar plek bly leeg ….

    Aan al die mense wat nog ouers het geniet hulle, niks is vir ewig nie.
    Lekker daggie vir julle almal op Moedersdag.