DESEMBER SARIE
Hieroor praat mense

In die Desember-uitgawe van SARIE

In die Desember-uitgawe van SARIE gesels Nataniël oor Kersfees – en nie net sommer een soort nie, sewe verskillende maniere om Kersfees te vier! Binneland se Dr. Quinton, Ramey Short, praat oor sy eerste Kersfees saam met sy familie ná jare in die weeshuis. Ons praat ook eksklusief met Wanda Bam, gospelsanger en ma van voormalige Mej. SA Melinda Bam. Ons inspireer ook jóú Kersfees met 4 verskillende tafels, spyskaarte en Kersbome.

DES 2013Ons voorblad met Nataniël is iets spesiaals. Die oulike golden retriever Oldiva, wat dié maand die voorblad deel, gaan opgelei word as ’n gidshond vir gesiggestremdes. Die Suid-Afrikaanse Gidshondvereniging het vanjaar sy 60ste bestaansjaar gevier. In dié tyd het hulle al 1 554 gidshonde vir gesig- en fisiekgestremde mense opgelei.*

En natuurlik is Nataniël ’n gunsteling hier by SARIE. Sy rubriek is oudergewoonte ’n treffer, maar hy vertel ook van 7 soorte Kersfees-vieringe wat ’n absolute moet-lees is. En sy goue reël: Dit gaan altyd oor GEE.

Wat sê julle oor dié voorblad op die sosiale netwerke?

Op Twitter:

Soné (@‏SoNe_IoRi): Die nuwe @SARIETydskrif se voorblad is so ongelooflik mooi!!! Weet nie wie is die oulikste nie….Nataniel of die labrador!!♥

Corine du Toit (‏@CorineduToit): @SAGuide_Dogs @SARIEtydskrif Beautiful!!!

Twitter Desember

Op Facebook:

Ilse Terblanche: Alles wat ek wil hê vir Kersfees! Nataniël, die pragtige Labrador…en die SARIE tydskrif. Ai, kry ek nou die “Xmas feeling”.

Marinda Saaiman: Ek LOVE Nataniël! En sy hond! Awh! SOOOO special.

Lucille Zeilinga: Nou net my SARIE in die pos gekry!! Wil net sê dis seker een van die allermooiste voorblaaie ooit!!! Nataniël natuurlik soos altyd..maar die hond maak die foto absoluut besonders!!!

Joleen Coetzee: Julle is vol verrassings! Is mal daaroor

Nóg in jou Desember-uitgawe van SARIE

  • Intieme onderhoude
    • Legendariese aktrise Elize Cawood: “Ek wil SA stories bly vertel”
    • Ramey Short (Binneland se dr. Quinton): “Nou’s ek ook deel van ’n gesin”
    • Jeremy Mansfield gesels oor kook, kanker, humor en sy liefde vir woorde
    • En hope inspirerende verhale, onder meer met ’n vroedvrou van SA wat in Afganistan werk
  • Ons kyk na 2013 se grootste trends én die mooiste foto’s van die jaar
  • Ons ondersoek watter effek het GEE op jou
  • Hoe hanteer jy jou familie hierdie feestyd? Ons gee raad! PLUS Só klop jy dié vakansie allergieë
  • Oudergewoonte gee ons skoonheid- en moderaad vir elke vrou
  • Ons modelle vir die uitgawe? Die dogters van SA aktrises Elsabé Daneel en Rika Sennett en top-modeontwerper Stefania Morland.
  • Én net die lekkerste resepte uit Herman se kombuis!
  • 4 feestafels, 4 feestelike spyskaarte én 4 Kersbome – súlke inspirasie sal jy nie op ’n ander plek kry nie!

plekmatjies

Hierdie én nog hope meer inspirasie in jou nuutste SARIE! Nou op die rak of op jou tablet.

natanielrz

Dié inspirasie sal jy nêrens anders kry nie – net in jou SARIE.

*As Oldiva op die voorblad jou hart geroer het, kontak die vereniging om ’n bydrae te maak by www.guidedog.org.za, of e-pos info@guidedog.org.za of fundraising@guidedog.org.za. Enige skenking (eenmalig of deur ’n maandelikse bankaftrekorder) het ’n verwysingsnommer van die vereniging nodig, so kontak hulle eers.

Tel: 011 705 3512/ 0860 100 922 | Facebook:
 SA Guide-Dogs | Twitter: @ SAGUIDE_Dogs

Jy sien die verwysing in die tydskrif, maar is onseker waar dit op ons webtuiste lê? Volg hierdie nuttige skakels om jou lees-ervaring digitaal aan te vul!