fliek
Hieroor praat mense

Die fliek-week waarvoor jy gewag het!

Dis ’n koue naweek en daarom die perfekte tyd om te gaan fliek. Van Finding Dory, tot ’n nuwe SA lokprent – daar’s baie op die grootskerm om jou hart warm te hou!

Sy Klink Soos Lente

Ons is trots om Sy Klink Soos Lente se mediavennoot te wees. Dís die volgende Afrikaanse fliek waaroor almal gaan praat!

Sy Klink Soos Lente gaan oor ’n motorwerktuigkundige (Stiaan Smith) wat sy baas se dogter (Amalia Uys) in ’n kroeg raakloop. Hy word onkant gevang deur haar sjarme, en vertel haar hy’s in ’n band. In sy kop is die volgende logiese stap om dan ’n band te begin. Hy en sy vriende van die werkswinkel span talente saam in ’n poging om haar hart te wen.

FOTO: Werner Botha van Plastiek

FOTO Werner Botha van Plastiek

Groot name soos Amalia Uys, Stiaan Smith, Bennie Fourie, Wilson Dunster, Elize Cawood, James Cunningham, Pietie Beyers, James Alexander, Darren Kelfkens, Bouwer Bosch en Tina Kruger is in hierdie film.

Kyk hieronder na die lusmaker van Sy Klink Soos Lente:

Die volgende flieks het dié week in teaters begin draai

Finding Dory

Die hele wêreld, en veral Ellen DeGeneres (lees meer hier), wag al 13 jaar lank vir die opvolgfilm van Finding Nemo. In hierdie film is Dory die hoofkarakter. Sy is op soek na haar familie en Nemo en Marlin help haar om haar ouers te vind. Dis makliker gesê as gedaan, want Dory lei aan geheueverlies.

Equals

Twee mense (Kirsten Stewart en Nicholas Hoult) raak verlief in ’n samelewing waar emosies verban is …

Hello my name is Doris

Sally Field vertolk die rol van Doris – ’n ouer vrou wat verlief raak op ’n jonger kollega (Max Greenfield van New Girl-faam). Sy en haar vriendin maak planne om hom oor te wen en deur die proses maak sy ook nuwe vriende. Internasionale resensies het groot lof vir Sally Field in dié film.

The Nice Guys

Holland March (Ryan Gosling) en Jackson Healy (Russell Crowe) werk saam om ’n vermiste vrou op te spoor. Vinnig kom hulle agter hulle is nie die enigste mense op haar spoor nie. En dan besef hulle almal wat aan haar verbind is, word doodgemaak … Dié komiese aksiefilm speel in die 1970’s af.

I am Wrath

A Hologram for the King

Suid-Afrikaanse flieks

Die volgende Suid-Afrikaanse rolprente is op die grootskerm te sien.

Alison (wêreld-première)

Die gruwelike aanval in Desember 1994 op met Alison Botha het Suid-Afrika geskok. Maar meer as dié aanval het haar oorlewingsverhaal die aandag gegryp. Die fliek gaan oor die 90 minute waarin haar lewe vir altyd verander het en ook haar herstelpad daarna.

Christia Visser speel die jong Alison. De Klerk Oelofse en Zak Hendrikz vertolk die rolle van haar aanvallers.

Alison, Tess en Last Ones Out speel by die Durban Internasionale Filmfees (16 tot 26 Junie). Christia speel in drie films dié films.

Alison begin in Augustus in SA teaters draai.

Opgewonde oor

Die wêreld praat steeds oor dié rolprente. Maak seker jy loop dit nie op die grootskerm mis nie; sommige wys net by sekere teaters.

Now You See Me 2

fliek

Truth

Alice Through the Looking Glass

fliek

Money Monster

fliek

A Bigger Splash

Everybody Wants Some!! (wys nog net by Rosebank Mall se Cinema Nouveau)

fliek

The Boss

fliek

The Man Who Knew Infinity

X-Men Apocalypse

fliek

Sing Street

Bad Neighbors 2

Demolition (wys nog net by Rosebank Mall se Cinema Nouveau)

The Jungle Book

fliek

Queen of the Desert

fliek

The Dressmaker (wys nog net by Rosebank Mall se Cinema Nouveau)

DressMaker poster

Koop jou kaartjies vir hierdie flieks by Ster-Kinekor, Cinema Nouveau of Nu Metro.

Lees ook

Suid-Afrika se jong talent

Johnny Depp en Amber Heard skei

Ikoniese mode-items