FOTO: Instagram @fabulouss_life

Hieroor praat mense

Die impak van mode op jou lyf

Al ooit gewonder wat jou gunsteling paar hakskoene of noupypjeans aan jou lyf doen? Huffington Post berig oor die moontlike gevare wat dié en ander mode-items vir jou liggaam kan inhou.

Vroue betaal ’n prys om in die mode te wees, en blykbaar is dit veel meer as net die geld wat jy vir die kassier oorhandig … Dié items kan ook sleg wees vir jou gesondheid.

’n Oorlaaide handsak

 

Oorgroothandsakke maak ’n modestelling, maar wanneer daar te veel gewig aan die een kant van jou lyf is, kan dit tot nek- en rugpyn bydra.

Kies eerder ’n sak waarvan die band dwarsoor die lyf gedra word wat die gewig versprei. Moet ook nie jou handsak altyd oor dieselfde skouer dra nie.

FOTO: Instagram @evangelin_a

FOTO: Instagram @evangelin_a

Stywe jeans

Hoe stywer jou broek, hoe groter is die kans dat jy senuwees in jou bene kan beskadig. Dít kan erge beenpyn veroorsaak.

jeans

FOTO: Instagram @selebrity93

Hakskoene 

Baie hoë hakskoene veroorsaak dat jou voet se posisie verander en dit beïnvloed jou postuur. Dít is nie net sleg vir jou rug nie, maar ook jou heupe en knieë. Probeer om nie vir te lank op baie hoë hakskoene te staan of loop nie.

heels

FOTO: Instagram @newhappy_girl

Nog mode-items wat ’n gevaar vir jou kan inhou – lees HIER.

Bron: Huffington Post