FOTO Instagram / @agataagata

FOTO Instagram / @agataagata

Hieroor praat mense

Lande met die langste mense

Nederland is nie net bekend vir tulpe en stroopwafels nie, maar dis ook die land met die langste mans!

’n Studie wat onlangs in die wetenskapjoernaal eLife gepubliseer is, het vir 100 jaar die groeipatrone van lande die hele wêreld oor ondersoek.

Met ’n gemiddelde lengte van 1,83 m is Nederlandse mans die langste ter wêreld. En Letland in Oos-Europa het die langste vroue, met ’n gemiddelde lengte van 1,7 m.

Die Nederlandse akteur Michiel Huisman, wat bekend is vir sy rolle in Age of Adaline en die HBO-reeks Game of Thrones, is 1,83 m lank.

 

En Orlando Engelaar, ’n voormalige Nederlandse sokkerspeler, is 1,96 m lank.

 

Die aktrise Agata Mutsenietse van Letland is 1,72 m lank.

Die wêreld se kortste vroue kom uit Guatemala, Suid-Amerika, met ’n gemiddelde lengte van 1,50 m. En die kortste mans, met ’n gemiddelde lengte van 1,6 m, is in Oos Timor, Asië.

Bronne: BBC, eLife

Lees nou

Olimpiese Spele: Fokus op die 100 meter

Olimpiese Spele bring vrede #OlympicPeace