emoji's2
Hieroor praat mense

Dié langverwagte emoji’s eersdaags hier

Die meeste van ons is verslaaf aan emoji’s, want wat kan jou bui beter beskryf as ’n gesiggie wat dit presies uitbeeld? Nou berig E! News dat daar nóg opwindende emoji’s op pad is!

Unicode het pas 38 nuwe emoji’s goedgekeur waaronder ’n hansworsgesiggie, ’n cowboy en selfs ’n selfie-prentjie. En daar is ook nuwe kossoorte soos die spek-emoji ’n avokadopeer, sjampanje en ’n aartappel.

Dié nuwe emoji’s sal teen middel-2016 beskikbaar wees.

Nog voorbeelde van die nuwe 38 emoji’s kan HIER gesien word.

Bronne: E! News en Emojipedia

Lees ook