Lizzie Velasquez FOTO: Videogreep Youtube

Hieroor praat mense

Die Lizzie-projek: die mooiste storie van ’n ‘lelike’ meisie

Lizzie Velasquez kan nie gewig optel weens ’n seldsame siekte nie, maar die internet het haar steeds as “lelik” en “’n monter” bestempel. Hier is hoe sy bo die internet se boelies uitgestyg het. 

Lizzie kan nie help dat die seldsame siekte wat sy het, veroorsaak dat sy nie kan gewig kan optel nie. Sy is reeds 25 jaar oud en het nog nooit meer as 30kg geweeg nie, berig die blog, Hello Giggles. Slegs 3 mense ter wêreld het hierdie siekte.

Lizzie Velasquez  FOTO: Videogreep  Youtube

Lizzie Velasquez
FOTO: Videogreep Youtube

Lizzie het al gewoond geraak aan die probleme wat gepaard gaan met haar toestand. Sy raak byvoorbeeld baie maklik siek en het sig in haar een oog verloor. Tog was dit nog altyd deel van haar lewe en het sy geleer hoe om dit te hanteer.

Wat Lizzie egter nie kon hanteer nie, was die dag toe sy toevallig ’n video van haarself op YouTube gesien het. Die opskrif van dié video was “Die lelikste vrou in die wêreld” en die kommentaar onderaan was afgryslik. Mense het haar “monster” genoem en gesê sy sal die wêreld ’n guns doen deur dood te gaan.

Kuberboelies

Lizzie kon dit nie vat dat mense so onsensitief kan wees teenoor ander nie en sy het besluit sy sal nie gaan lê nie. Haar twee inspirerende boeke, Be Beautiful, Be You en Lizzie Beautiful vlieg van die rakke en sy is ’n gesogte motiveringspreker. Meer onlangs het sy ’n TED (Technology, Entertainment, Design)-praatjie gelewer en een van dié kongres se uitvoerende vervaardigers Sarah Bord, was so beïndruk dat sy Lizzie genader het om ’n dokumentêr oor haar lewe te maak.

Lizzie se inspirerende TED-praatjie. Definitief die moeite werd om te kyk!

Die dokumentêr gaan wys hoe Lizzie bo die internet-boelies se wrede woorde uitgestyg het en hoe sy ’n meer positiewe kuberruim wil skep. Die projek samel fondse in op Kickstarter, en het reeds hul mikpunt van $200 000 behaal. Mense kan wel tot Maandag nog geld skenk om The Lizzie Project te ondersteun. Klik hier vir die Lizzie-projek se Kickstarter-blad.

Bekendes ondersteun #ImWithLizzie

Bekendes soos Kristen Bell en Hillary Duff ondersteun die Lizzie-projek deur YouTube videos te maak waar hulle sê: “I’m with Lizzie”. Die videos se onderskrif sê dan ook #ImWithLizzie en die veldtog het reeds reg oor Amerika versprei.

Die doel met dié video’s is om alle vorme van boelie aan bande te lê.

FOTO: Videogreep  Youtube

FOTO: Videogreep Youtube

FOTO: Videogreep  Youtube

FOTO: Videogreep Youtube

Wat dink jy van Lizzie, haar ervaring van kuberboelies en haar projek? Lewer jou kommentaar hieronder of gesels saam op ons Facebook– of Twitter-blad.