Hieroor praat mense

In die November-uitgawe van SARIE

In die November-uitgawe van SARIE leer ken ons die SARIE Voorbladgesig-wenner, Marike Nel, en ons 2de wenner, Zelda O’Brien, beter. Hulle vertel oor die ervaring én verklap wat hulle inspireer.

Ons begin voorberei vir Kersfees met ’n heerlike vrugtekoek-resep en Herman deel die 5 lekkerste melktert-resepte – nostalgie op sy beste!

Slider melktert

Ons praat eksklusief met die akteur André Odendaal oor sy stryd teen blindheid én met Vloeksteen se Dorette Potgieter oor haar tweede kans in die lewe.

Ons praat ook met kenners oor dié kwelvrae en kry raad en wenke:

Slider raad

Ons dekorspan besoek ’n pragtige Bolandse huis en wys jou hoe om self ’n gehekelde kombers te maak.

PLUS ons mode- en skoonheidsblaaie is oudergewoonte propvol inspirasie en wenke.

SARIE NOVEMBER 2013

 

 

ALLES PLUS NÓG in dié uitgawe – nou op die rakke!

 

 

 

 

Wil jy nooit weer ’n SARIE misloop nie? Teken dan in om dit maandeliks in die pos of op jou digitale toestel te kry!  Klik hier vir al die inligting.