Hieroor praat mense

Die nuutste kyk- en luisterstof van Nataniël

Nataniël het ’n nuwe album uitgereik én een van sy vertonings is nou op DVD beskikbaar – lekker kyk- en luisterstof vir die koue herfsdae!

Sowat 18 jaar nadat Nataniël sy eerste konsert-album, The Cover Concert, uitgegee het, stel hy Moodswing bekend. Moodswing is by die Atterbury-teater opgeneem en dit bevat klassieke liedjies én oorspronklike liedjies uit Nataniël se pen.

600x600Corlea, Lindiwe Bungane en Nicolaas Swart se stemme word ook op die album gehoor. Die orkes bestaan uit Charl du Plessis (klavier), Juan Oosthuizen (kitaar), Werner Spies (baskitaar) en Hugo Radyn (tromme).

Luister ook op dié album na Afrikaanse liedjies van Nataniël – die eerste in 14 jaar – “Sy’s al wat ons het” en “Lied van jong Suid-Afrika”.

Die twee bonus-items is twee Afrikaanse stories soos net Nataniël dit kan vertel.

Koop dié CD aanlyn by Kalahari.com of laai dit digitaal af op iTunes of Emusic.

Nou op DVD!

Nataniël se optrede Factory is ook nou op DVD beskikbaar. Oudergewoonte is dié produksie skreeusnaaks, maar laat jou ook dink. En dan is daar natuurlik sy skouspelagtige uitrustings.

47872195_0_Img2