FOTO: Instagram @pantone

FOTO: Instagram @pantone

Hieroor praat mense

Die Pantone-kleur van 2016

Ons 2015 was gevul met Marsala – die bruinerige wynrooi skakering wat ’n huislike en aardse gevoel skep, maar terselfdertyd ook gesofistikeerd en stylvol is.

In 2016 gaan Rooskwarts (Rose Quartz) en Sereenblou (Serenity) ons wêreld kleur. Dit is die mening van die organisasie Pantone, wat beskou word as die grootste kenners van kleur in die wêreld. Hulle wys jaarliks ’n kleur aan wat as die kleur van die jaar beskou word.

FOTO: Marijke Willems

FOTO: Marijke Willems

Nou, vir die eerste keer, het Pantone twee kleurskakerings gekies. En daar is ’n sielkundige rede waarom dié sagter kleure gekies is.

Pantone verduidelik op hul webtuiste dat verbruikers deesdae bewustheid (mindfulness) en liggaamlike welstand nastreef as teenvoeter vir hul daaglikse stres. Saam verteenwoordig Rooskwarts en Sereenblou ’n inherente  balans tussen bewustheid en ’n kalmerende gevoel van orde en vrede.

Soos wat geslag ook al hoe meer irrelevant raak, veral wat betref die mode, is pienk vir meisies en blou vir seuntjies lank reeds nie meer die norm nie en is dit kleure wat albei geslagte dra.

Pantone sê dat die manier hoe ons na kleure kyk en dit gebruik in 2016 gaan verander.

Lees meer oor dié kleure op Pantone se webtuiste.

Marsala-geïnspireerde oomblikke in SARIE