FOTO Instagram @cristiano

FOTO Instagram @cristiano

Het jy gehoor?

Die sportfoto’s wat jy moet sien

Dit was ’n gróót naweek vir sport. En nie net is die opwinding van die sportoomblik vir ons spesiaal nie, maar ook die fotograwe wat die mooiste foto’s van die ekstase vaslê.

Hier is van die beste sportfoto’s van die afgelope naweek – en herleef die oomblikke weer saam met ons!

Wimbledon

Serena kraai weer koning(in)!

Serena het met haar 22ste Grand Slam-enkelspeltitel weggestap! Sy ewenaar nou Steffi Graf se rekord as naas suksesvolste speler. Die Australiër Margaret Court hou die rekord met 24.

 

… en die susters doen dit weer!

Serena en haar suster, Venus, het ook hul 6de dubbelspeltitel verower.

 

Andy wen sy tweede Wimbledon

Andy Murray (op die voorgrond) kyk na sy vrou, Kim, en sy afrigters terwyl hy in die finaal teen die Kanadees Milos Raonic gespeel het.

 

Bekende gesigte

Talle bekendes het vanjaar gesig gewys langs die Wimbledon-baan.

 

Sokker Euro-finaal

Portugal se Éder (regs) was die held van die aand toe hy die enigste doel aangeteken het in die eindstryd van die Europese kampioenskap. Frankryk se Moussa Sissoko (middel) het geweet hul kanse is skraal om te wen ná Éder se doel in ekstra tyd in die 109ste minuut van die wedstryd. Dit is die eerste keer dat Portugal dié groot toernooi wen.

Éder (28) is in Guinee-Bissau gebore en het as kind Portugal toe getrek. Daar het hy baie arm grootgeword en is van sy gesin geskei toe hy in ’n kosskool moes bly.

 

Goeie naweek vir die Britte

Nie net het Andy Murray die Britte se naam hoog gehou nie, Lewis Hamilton het ook dié voormalige lid van die Europese Unie rede gegee om te glimlag. Hy het die Britse Grand Prix gewen.

 

Superrugby

Die Stormers het met 22 – 3 met die Australiese Force afgereken en die Bulls het die Janpanse Sunwolves met 50 – 3 geklop.

 

Die ander SA Superrugby-spanne het teen mekaar gespeel. Die Sharks het die Cheetahs met 26 – 10 gewen en die Lions die Kings met 57 – 21.

Wat was jou gunsteling-sportoomblik van die naweek?