FOTO Getty Images / Gallo Images

FOTO Getty Images / Gallo Images

Hieroor praat mense

Die Suid-Afrikaners wat ons dié week trots gemaak het

Daar’s min dinge so lekker as om stories te deel van mense wat inspirerend is. Hier is net ’n paar Suid-Afrikaners wat ons dié week trots gemaak het!

Trevor Noah

Trevor het groot skoene gevul toe hy in die Emmy-bekroonde Jon Stewart se stoel agter The Daily Show-lessenaar ingeskuif het. Trevor het geweet dit is nie ’n maklike taak nie, maar het dit met groot humor aangepak en ons in die proses baie trots gemaak én laat lag.

Adriaan Kuiters + Jody Paulsen

Dié ontwerpersduo is een van 25 finaliste vir die Who Is On Next? Dubai talentsoek-projek wat deur die Italiaanse Vogue van stapel gestuur is. Hulle soek die beste talent van die Midde-Ooste, Asië en Afrika.

72162e47-0528-4ec3-8bfb-815a02cc1979

FOTO: Niquita Bento

Ons lesers

SARIE het die week ons groot beplanningsvergadering vir 2016 by Under Oaks in die Paarl gehou. En met julle, ons lesers, wat ons inspireer, het die taak baie vinnig gegaan. Ons het sommer reeds inhoud, spesiale projekte en pragtige fotosessies tot in 2017 beplan!

wedding-dec-2011-1

17 stappe tot ’n beter toekoms

193 wêreldleiers het hulself daartoe verbind om oor die volgende 15 jaar 3 buitengewone dinge te bereik: Die einde van ekstreme armoede, ongelykheid en onregverdigheid te beveg en om klimaatsverandering te bekamp en hulle het 17 Global Goals opgestel om dít te bereik.

Unilever het SARIE genader om saam met hulle die boodskap te versprei sodat burgers hul leiers verantwoordbaar kan hou vir dié beloftes en self ook kan inspring om aan dié kwessies te werk.

Lees meer oor dié inisiatief HIER.

Burgers vir ’n goeie doel

Die nie-regeringsorganisasie Community Keepers het die week hul eerste The Most Expensive Burger in Town-geleentheid aangebied – en byna R200 000 ingesamel!

Vir die prys van ’n kaartjie het jy nie net ’n gourmet-burger van Schoon de Companje gekry nie, jy kon ook aan plaaslike boetiek-bier (craft beer) en handgemaakte roomys smul.

Deur ’n kaartjie te koop en aan die veiling deel te neem het Stellenbossers gehelp om kinders in dié gemeenskap se lewens makliker te maak. Community Keepers bied sielkundige en sosiale dienste by skole om kinders, ouers en onderwysers te help om hul probleme te hanteer. Sonder al die emosionele probleme (baggage) uit die huis en gemeenskap kan kinders op hul skoolwerk fokus en die meeste van hul opvoeding maak.

Burger_012_b&w

Stellenbosse besighede wat met dié geleentheid gehelp het, sluit in: Schoon de Companje, The Pretty Blog, Plus Plus Minus, Okasie en Landtscap FOTO: Kikitography

Lees meer oor dié geleentheid op hul webblad en van Community Keepers op hul webblad en Facebook-blad.

The Most Expensive Burger in Town @Landtscap

A photo posted by Hestelle (@hestellepret) on

Wilde diere

Die bekende juweliersontwerper Jenna Clifford se man en hoof- uitvoerende beampte van haar maatskappy, Dex, in samewerking met Youth Against Extinction, reël dié naweek in Johannesburg ’n optog Global March for Elephants, Rhinos and Lions.

Screen Shot 2015-09-16 at 1.14.57 PM

Kreatiewe mense

Die afgelope week het SARIE.com jou aan die laaste van die Vir Altyd-karakters bekend gestel. Vir Altyd is ’n romantiese avontuurfilm wat deels in Mauritius geskiet is. Die kreatiewe kragte agter Pad na jou hart werk weer saam aan Vir Altyd.

vir altyd poster

Dié film maak ons baie opgewonde oor die jong talent in die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf.

Lees alles wat jy moet weet oor dié film HIER.

*SARIE is ook ’n mediavennoot van Vir Altyd.

Kinders wat omgee

Die sangpaar Melindi Charle en Fanie Velskoen het met hul Butterfly Beauty-projek kinders bemagtig om aan gemeenskapswerk deel te neem. Die kinders gaan hierdie naweek 6 verskillende instellings in die Wes-Kaap besoek en geskenke en liefde uitdeel.

Volg hul goeie werk op die Facebook-blad.

Hello Kitty gebruik haar gewildheid om kinders oor medemenslikheid te leer. Met die #OneKindThing-veldtog moedig hulle kinders aan om een goeie ding vir iemand te doen.

Lees meer oor hul inisiatief op hul Facebook-blad