FOTO Stephane Cardinale/People Avenue

FOTO Stephane Cardinale/People Avenue

Hieroor praat mense

Die toekoms is nou – Mars hier kom ons!

Een van die groot tendense van 2016 is die ruimte. Nie net die kleure nie, maar ook die spasie en beslis die obsessie met die onbekende. Daar word ook nou wêreldwyd na 24 mense gesoek wat die eerste bewoners van Mars sal wees. Die Suid-Afrikaanse kwantumfisikus dr. Adriana Marais is een van diegene wat haar hand opgesteek het vir dié groot taak. Flieks oor Mars en selfs restaurante op dié planeet sal al hoe meer realisties begin raak … So waarvoor wag jy, kom jy saam?

Dr. Adriana Marais – blond, beeldskoon, briljant en ’n deeltydse dosent aan die Universiteit van KwaZulu-Natal – is vanjaar een van 15 vroue wêreldwyd wat deur die skoonheidshuis L’Oréal met sy internasionale L’Oréal-UNESCOtoekenning vir vroue in die wetenskap vereer is.

Sy voel geëerd dat L’Oréal en UNESCO haar vir haar navorsing oor kwantumfisika vereer het. Adriana is boonop deur na die derde ronde van die wêreldwye Mars One-projek. Sy moet nog in twee rondes sukses behaal om uiteindelik as een van die finale 24 mense gekies te word wat in 2026 na die Rooi Planeet sal verhuis om hulle daar te gaan vestig.

“As klein dogtertjie het ek al daarvan gedroom om ruimtevaarder te word, so hierdie is regtig ’n droom wat waar word. Die onbekende en nuwe idees fassineer my nog altyd.

“My studierigting in die kwantumfisika is, in leketaal gestel: wat is lewe? Dus: waar kom ons vandaan en waarheen is ons op pad?

Ek is bereid om my gerieflike lewe op aarde prys te gee en Mars toe te gaan ter wille van die wetenskap en vooruitgang. En om miskien nader aan dié antwoord te kom.

“Ek dink my lewe gaan baie meer sinvol wees as ek energie skenk aan iets wat veel groter as ek is. Dit pas mos goed in by al my vrae.”

Dié uittreksel kom uit die November-uitgawe van SARIE. Dit is nou in winkels te koop, of jy kan die HIER aflaai.

Hier is die lokprent van Matt Damon se nuwe fliek, The Martian, wat handel oor ’n man wat op Mars agtergelaat is en sy avontuur om aan die lewe te bly en Nasa te probeer kontak:

Lees ook

ZZZ