SKERMGREEP YouTube

SKERMGREEP YouTube

Hieroor praat mense

Twee straatstalletjies maak kosgeskiedenis!

’n Eerste vir Michelin: twee kosstalletjies in Singapoer is elk vereer met die gesogte Michelin-ster, wat bedoel is vir top-restaurante die wêreld oor. 

Die nederige Hong Kong Soya Sauce Chicken Rice and Noodle en Hill Street Tai Hwa Pork Noodle het kosgeskiedenis gemaak omdat hulle die eerste stalletjies nog is wat só vereer is.

Die Michelin-gids is die mees gerespekteerde restaurantgids in die wêreld en om deur hulle met ’n ster bekroon te word is die hoogste toekenning vir enige eetplek.

Vroeër vanjaar is die eerste Suid-Afrikaner met dié gesogte ster vereer: Sjef Jan-Hendrik van der Westhuizen vir sy restaurant, Jan, in Frankryk.

FOTO Phyllis Green

FOTO Phyllis Green

Singapoer is die eerste land in Suidoos-Asië en die vierde in Asië wat deur die Michelin-gids beoordeel is.

Bronne: Reuters