febr08spesialeverslag1a
Hieroor praat mense

Die waarheid oor jou tiener en seks

Die syfers vertel ’n skokkende verhaal . . . 51% van tieners in Suid-Afrika het seks voor 15, volgens LoveLife, Suid-Afrika se nasionale vigsvoorkomingsprogram vir die jeug. 20% begin al vóór 12 eksperimenteer en 41% van 14-jariges is seksueel aktief, volgens die SA Mediese Navorsingsraad se peiling oor risiko-gedrag by die jeug. 70% van hulle het meer as een bedmaat en slegs 29% van húlle het veilige seks – 71% gebruik nie kondome nie.

LEES OOK: Jeugkoerant JIP loer onder die lakens (15 Februarie 2010)

En dis maar ’n paar van die bevindings van die seksuoloog Marlene Wasserman (bekend as dr. Eve) in haar navorsing vir Dr Eve’s Sex Book – A Guide for Young People (Human & Rousseau, R195).

“Die boek is baie omvattend en dek elke aspek van tieners en seksualiteit. Ook homoseksualiteit,” vertel sy. “Daar is ’n behoefte aan holistiese seksualiteitsopvoeding wat ook aandag gee aan tieners se selfbeeld en verhoudings.”

 

Bangmaak-tegnieke word steeds gebruik om tieners te keer om seks te hê - dr. Eve

Deesdae is hope seksinligting beskikbaar, veral in die media. Tog is daar in die breë nie ’n verbetering in kinders se seksualiteitsopvoeding vergeleke met ’n paar dekades gelede nie, sê dr. Eve. Soos sy dit in haar boek stel:

“Bangmaak-tegnieke word steeds gebruik om tieners te keer om seks te hê. Ons vertel vir hulle hulle gaan sterf, hel toe gaan, swanger raak of ’n slegte reputasie kry as hulle seksueel verkeer.

“Ons verbied hulle om vir ’n week hul rekenaars te gebruik of skakel die TV af wanneer daar ’n sekstoneel is in die hoop dat hulle bang of verward genoeg sal wees om vir ’n rukkie langer ‘rein’ te bly.”

Dit veroorsaak onnodige spanning, net omdat ouers (en onderwysers) steeds voel dis te gewaagd om met tieners oor hul seksualiteit te gesels. Dit lyk wél asof vandag se jeug baie promisku is. Al is hulle meer selfgeldend as in die verlede, het baie kinders nie die waarde-sisteem of vaardighede om hul seksualiteit reg te bestuur nie.

Hoe praat jy met jou kinders oor seks? Dr. Eve gee die volgende raad:

Seksopvoeding gebeur vanaf geboorte. Hoe jy jou kind aanraak, hoe jy voel oor jou eie seksualiteit en jou intieme verhoudings bestuur. Bv. as een van die ouers ‘n affair het, sal dit hul kinders beïnvloed.
Gebruik taal wat hulle kan verstaan en wat toepaslik is vir elke ouderdom. Kombineer die inligting wat jy oordra met jou waardestelsel.
Gebruik sekere oomblikke om dinge uit te wys, soos in ‘n fliek waar mense onveilige seks het of advertensieborde langs die pad met gewaagde seksuele ondertone.
Wanneer kinders dr. Eve vra hoe weet jy wanneer jy té ver gaan, leer sy hulle om te vergeet van die “seksualiteitsleer” - met soen heel onder en penetrasie heel bo. Dink net soveel oor ‘n intense soen, orale seks óf penetrasie. Is jy gereed om met die verantwoordelikheid en gevolge (fisiek en emosioneel) van jou besluit saam te leef?
En wanneer hulle wil weet: Is daar ‘n régte ouderdom vir seks? Nee. Jy is gereed as jy ingeligte besluite kan neem en emosioneel en fisiek verantwoordelik vir jou keuses is. Die tienerjare is reeds moeilik – jy vestig nog ‘n eie identiteit, daar is jou skoolwerk, besluite oor jou toekoms. Is jy gereed vir ‘n ongewenste swangerskap? Sal jy dit emosioneel kan hanteer as dinge tussen julle skeefloop? Sy leer tieners om hul seksuele debuut (penetrasie) so lank as moontlik uit te stel. Wag totdat jy meer selfvertroue het en beter keuses kan maak.
Baie ouers voel steeds as hulle hul kinders vertel van die Pil en kondome, moedig hulle juis seks aan. “Maar as jy hulle nie met die nodige kennis toerus nie, teken jy as ‘t ware ‘n doodsertifikaat!” sê dr. Eve. “Inligting is mag. Navorsing wys duidelik dis juis die onkundige, oningeligte kind wat vroeër met seks begin eksperimenteer – terwyl die ingeligte tiener die wysheid het om te wag.”
Wat doen jy as jy vermoed jou kind is seksueel aktief? Sê dan: “Ek vermoed jy’s seksueel aktief. Kan ons daaroor praat?” Moenie dadelik met seksvoorligting wegval nie, praat oor emosies – die verhouding, liefde, selfwaarde en -respek. Ook die redes hoekom hy/sy seksueel aktief geraak het. Moenie veroordelend wees nie.

Selfs landswette probeer tienerseks nou ontmoedig. Kragtens die nuwe Wet op Seksuele Oortredings kan tieners onder 16 wat (met instemming) seks met mekaar het, vervolg word en bv. boetes kry of by seksvoorligtingsprogramme ingeskryf word. Tieners sukkel nog altyd met aknee en hormoon-gedrewe humeure, nes geslagte voor hulle. Maar die sosiale klimaat is soveel anders as twintig jaar terug.

“Gesinswaardes is beïnvloed weens die hoë egskeidingsyfer en die groot getal enkelouers. Stiefpa’s, ma’s se kêrel(s) en stiefbroers het veroorsaak dat daar meer seksuele spanning in ‘nuwe gesinne’ in die huis is. Dit gebeur bv. soms dat stiefbroers hul stiefsussies molesteer,” sê dr. Eve.

Internet-pornografie, kletskamers en selfone met kameras het ook ’n nuwe wêreld vir die jeug se seksfantasieë ontsluit. Talle ouers het onlangs gesidder oor koerantberigte van tieners wie se seksdaad in ’n toilet in ’n winkelsentrum op ’n selfoon verfilm is. Binne ’n paar uur het dit as ’n sg. vlog (’n video-blog) op die internet verskyn. Tegnologie het tienerseks nóg meer gekompliseerd gemaak.

 

Ek dink nie dis cool dat baie van die gr. 11-meisies seks het nie - Sonja (16)

En hoe reageer tieners hierop? Aan die een kant is ’n sterk behoudende groep, wat gewoonlik deur hul geloof gelei word. Soos byvoorbeeld die Silver Ring Thing, ’n organisasie met sy wortels in Amerika. Sedert dit in 2005 in Suid-Afrika bekend gestel is, het 100 376 tieners ’n “kontrak” geteken dat hulle selibaat sal bly tot hul troudag.

“Tieners is hormoon-gedrewe, maar dis ons plig as gemeenskap om hulle te leer om hulself en ander te respekteer, sê Elizabe Leeuwner, opvolg-koördineerder van die Silver Ring Thing in Johannesburg. Maar daar’s ook die meer “eksperimentele” groep tieners wat al van jongs af beter wil presteer tussen die lakens. As kinders te jonk met seks begin, is dit gewoonlik omdat hulle ’n behoefte aan aanvaarding het,” sê dr. Eve. “Dit dui op ’n swak selfwaarde.”

Wat leer jou kind op skool?

Seksualiteitsopvoeding is ’n verpligte deel van die vak lewensoriëntering. In dié vak kry leerders inligting oor onder meer voeding, veiligheid, persoonlike higiëne, omgewingsake, seksuele- en dwelmmisbruik, seksueel oordraagbare siektes (SOS) en MIV/vigs. Hul leerplan lyk min of meer só:

Gr. R – 3: Kinders leer oor aansteeklike kindersiektes soos masels.

Gr. 4 – 6: Hulle leer eenvoudige gesondheidsetiek en kry beginners-MIV/vigs-voorligting.

In gr. 6 leer hulle byvoorbeeld wat die oorsake van aansteeklike siektes is (insluitende MIV/vigs), watter behandeling beskikbaar is en hoe dit voorkom kan word.

Gr. 7 -9: strategieë om met siektes te lewe (insluitende MIV/vigs) word bespreek, asook ’n gesonde lewenstyl as ’n manier om siektes te voorkom.

Gr. 10 – 12: Magspel in verhoudings (en die moontlike invloed daarvan op seksuele misbruik), sosiale kwessies (onder meer MIV/vigs), losbandige seksuele gedrag (insluitend SOS, swangerskap) word bespreek.

*Inligting: Daleen Christiaans, lewensoriëntering en religieuse studies van die Wes-Kaapse onderwysdepartement

In sekere skole is sogenaamde “seksnetwerke” (waar kinders meer as een seksmaat het) die inding – omstandighede waarin seksueel oordraagbare siektes en tienerswangerskappe kan floreer. Kinders kry deesdae op skool seksuele opvoeding, maar rolspelers verskil oor hoe dit gedoen moet word. ’n Onderwyseres in lewensoriëntering by ’n skool in ’n middelklasbuurt in die Kaapse metropool vertel:

“Die inhoud van die boeke wat ons van die onderwysdepartement ontvang, laat my hare rys. Die sketse maak my ongemaklik en ek kan net dink hoe ouers daarop sal reageer. Ons moet hulle wys hoe om kondome aan te sit, maar dit maak my ongemaklik. Kinders weet dikwels meer van seks as baie getroudes. Maar nie noodwendig die gesonde kant nie. Die beskikbaarheid van seksinligting in die media, op selfone en die internet maak dat hulle die verkeerde beeld daarvan kry.”

 

Ek wens ons het meer oor voorbehoeding op skool gepraat – Werner (16), ’n tienerpa

Phumeza Runey, ’n jeugkoördineerder van die Treatment Action Campaign (TAC), glo voorbehoedingsopsies moet aan kinders uitgewys word. “Dis ’n feit dat baie jong kinders seks het. Seksopvoeding is nie altyd suksesvol nie omdat onkundige ouers dit nie tuis voortsit nie. Mense wat dit by skole kom doen, moet beter opgelei word. Dit moet prakties wees. Wys kinders hoe om ’n kondoom aan te sit.”

Dr. Eve waarsku ouers ook dat ’n “onskadelike” TV-sitkom maklik die verkeerde beeld oor seks kan uitstuur.

“In sitkoms (uit alle televisieprogramme) word die meeste oor seks gepraat en die minste veilige seksboodskappe versprei. Mense slaap oor en weer, gewoonlik sonder beskerming. Gebruik dié programme as aanknopingspunt om met jou kinders te praat oor jou waardes rondom seks en ook om onveilige sekspraktyke uit te wys.”

Sy het self drie kinders grootgemaak en sê sy het dalk danksy haar werk dit oor die jare reggekry om seksualiteit op ’n gesonde manier in haar lewe te integreer – wat beteken sy praat daaroor aan etenstafel. So maklik soos wat sy en haar gesin gesels oor die jongste skindernuus by die skool of die oorlog in Irak, kan hulle praat oor wat hulle dink van ’n berig oor ’n groep 12-jarige meisies wat orale seks met hul kêrels gehad het.

Want sy glo dis gevaarlik om kinders nie oor hul seksualiteit en verhoudings op te voed nie. Sy stem saam met navorsing wat wys kinders wat ’n omvattende opvoeding oor seksualiteit kry, het eers later hul eerste seksuele ondervinding en is meer geneig om veilige seks te beoefen.

Haar benadering is: Moedig jou tieners aan om hulle van seks te weerhou totdat die tyd reg is. Maar doen dit op die regte manier – deur hulle genoeg inligting te gee en hulle toe te rus om goeie besluite te neem.

*Bykomende navorsing deur Lou-Ann Stone.

’n Tienerpa sê

Werner*, reeds ’n pa op 16, is dol op sy 2½ maande oue baba en sy 14-jarige meisie.
“Ons woon almal by my ma. Ek wens ons het meer oor voorbehoeding op skool gepraat.” Hy dink nie seksualiteitsopvoeding is voldoende nie. “Toe ek vir my pa vertel dat ek en my meisie seksueel aktief is, het hy my van kondome vertel. Ons het aan die begin skuldig gevoel oor die seks. Ek was aanvanklik nie ryp daarvoor nie. Ons beplan om te trou wanneer ons ouer is. Dis ’n groot probleem om seks te hê as jy jonk is en dinge werk nie uit nie. Dis my eerste meisie. As jy wil seks hê, moet jy die gevolge dra. Ek doen baie ekstra werk – verf borde op die gholfbaan en werk in ’n restaurant – om die rekeninge te help betaal.”

Frik*, Werner se pa

“Ek was kwaad en geskok toe Werner my vertel sy meisie is swanger. Ons kon gelukkig deur die emosies werk. Toe ek die baba vashou, het al die kwaad verdwyn. Op 41 was ek hartseer dat my kind so gou groot moes word. Dit was ’n rouproses. Ek het vir sielkundige berading gegaan. Ek is trots op hom. Hy besef hy het verantwoordelikhede. Ek het grootgeword soos baie Afrikaners – jy praat nie oor seks nie. Tieners kan nog nie seks hanteer nie. Maar jy kan nie net vir ’n kind sê om nié seks te hê nie, want dan gaan hy juis rebels wees.”

‘Ek sal net seks hê vir liefde’

“Soms wonder ’n mens of dit lekker is en jy kry bietjie lus, maar die gedagte aan ’n baba vir wie ek nie kan sorg nie, speel klaar met dié gedagtes. Daar is nie ’n ‘regte’ ouderdom vir seks nie. Ek sal net seks hê vir liefde. Ná skool. Deesdae trou baie mense nie eens nie, so, dis bietjie streng om te wag tot jy tróú. Dalk klink dit snaaks om te vra dat die ou ’n sertifikaat het wat sê hy het nie vigs nie, maar dis die realiteit. Ek dink nie dis cool dat baie van die gr. 11- meisies seks het nie. Van hulle rook en drink ook te veel. Miskien is dit al die flieks en TV wat hulle beïnvloed. Ek en my vriendinne fantaseer oor seks met mooi ouens of celebs soos Johnny Depp. Dit sit my baie af as ouens té macho en cool probeer wees. Iemand wat my probeer “op-chat” eendag, moet net nie lyk of hy nét aan seks dink nie. Hy moet sensitief en snaaks wees en ek moet veilig by hom voel. En ek moet weet hy gaan by my bly. Dán sal ek seks hê.” – Sonja, 16, Kaap


Sonja se ma:

“Mý kinders is baie meer oop oor seks as wat ek en my ma was. Mý seksles op universiteit van my ma was: ‘Oppas as die outjie so stadig sy hand op jou been sit . . .” Ek en my man het al kleintyd vir die kinders begin vertel. ’n Mens gee nie té veel detail nie – net wat reg is vir hul ouderdom, soos hulle daarvoor vra of nuuskierig begin raak. Gelukkig word tegniese onderwerpe soos ovulasie in die skool behandel. En die skool kan beslis nie later wag as gr. 6 of 7 nie. Ek probeer my tieners veral waarsku teen dwelms (selfs in ys) en drank op partytjies omdat dit inhibisies laat afneem. Oorslaap-partytjies is gevaarlike goed as dit nie beheer word nie. Ek wil kinders leer dat jou eerste seksondervinding spesiaal moet wees, waar albei mekaar moet respekteer. Wag beslis tot ná skool, want dis emosioneel ’n baie groot besluit. My kinders voel vry om ons enigiets oor seks te vra.”

*Skuilname

  • Nicolene

    Ons arme verwarde tieners! Dr Eve beveel aan dat ons ons tieners aanmoedig om hulle van seks te weerhou totdat "die tyd reg is". Dat ons hulle nie met die hel moet bangmaak nie. En op die Mighty Men Conference preek Angus Buchan "Jong man, jy mag nie met jou meisie slaap voordat julle getroud is nie. As jy sterf terwyl jy so leef, gaan jy hel toe. Dit is nie ek wat so sê nie, dit staan in die Bybel!"

  • liesl

    sjoe, dit klink rof. My 2 seuntjis nou eer 6 en 4maande, maar alklaar dink ek aan hulle toekoms. Dis ‘n wrede wereld waarin ons leef. alklaar wonder ek hoe gan ek hulle beskerm, hoe gan ek hulle leer, wat se ek vir hulle – wat hulle die regte keuses sal laat maak in hierdie hoe ysende en drukkende saamelewing.
    ek weet ek kan nie die "ou manier" gaan nie, maar wat is die regte manier zk wat vir ons sal werkz.

    Shoe maar dis verskriklike moeilik.
    Sterkte ook vir al die ander ouers daarbuite wat sukkel met presies die selfde struggle.
    Ek dink mens moet ook maar vir baie leiding en raad bid.

    L

  • Yolande Smith

    As ouers van tieners, dink ek dit is belangrik om hulle raak te sien as groot mense. Ons as ouers sien ons tieners aan as "hys nog my baba" ja ons wil hulle klein hou maar dit is ongelukkig nie so nie. Staan jou tiener by en Kommunukeer met mekaar. Bou n goeie verhouding.In hul tienerproses bepaal die tiener en ouer sy persoonlikheid as grootmens. Ek is ook n ma van 2 tieners en ek vrees ook elke dag vir sulke vra en hul doen en late maar ons is almal daardeer en hoe het jy dit gemaak? Soms het ons ouers die onderstening meer nodiger as die tiener hulle word slim gebore en ons leef in n ander era. Ek het ook al die hulp nodig om oor seks met my tieners te bespreek, sodat hulle die regte boodskap moet ontvang.

  • http://www.sarie.com/lees/artikels/die-waarheid-oor-jou-tiener-en-seks Hopkins

    Ek lees die volgende en besef net weer hoe verdomp verkramp en leeunaars die vorige geslag was;

    Sekslaksheid
    deur
    Deon Maas
    24/04/2010 16:36 – (SA)

    DIT was met groot teleurstelling dat ek die week moes lees dat Suid-Afrikaanse skoolkinders nou meer televisie kyk en minder seks het.

    Tieners wat nie seks het nie is nie tieners nie, net soos ’n mens nie rêrig ’n student is as jy nie ’n sosialis is nie. Hierdie is tog die dae waar jy veronderstel is om uit te glip om in te glip.

    Die verslag wat namens die Mediese Navorsingsraad (MNR) gedoen is, het ’n paar ander interessante punte wat hulle noem, maar die seks het my die meeste verbaas.

    Ons lewe tog in ’n verskriklike geseksualiseerde samelewing. Seks is orals, veral op televisie. Dalk is dit hoekom tieners meer daarvan kyk. Is ons besig om ’n geslag koekeloerders groot te maak?

    Wat ’n treurige spul.

    Nie net is hulle besig om minder seks te hê nie, maar hulle is ook besig om seks met minder mense te hê. In die verlede het 70% seks met meer as een persoon gehad tydens die vorige drie maande, nou is dit net 52%. Niemand het natuurlik ’n antwoord hiervoor nie, so ek sal maar spekuleer sonder enige feite tot my beskikking.

    Is daar te veel afleiding of vrees vir misdaad, of het televisie net baie beter geword en het ek dit nie opgemerk nie? Die idee van proefbuis-babas is ’n nader werklikheid as wat ons besef.

    Die MNR stem natuurlik glad nie met my oordeel saam nie, en merk op dat daar ’n “sigbare ver mindering in hoë- risiko seksuele gedrag is.”

    Ek’s bly dat hulle bly is terwyl ek bekommerd is.

    Die res van die navorsing lyk ongelukkig nie so rooskleurig nie.

    Ek gaan nie eers die draak steek met ernstige dinge soos selfmoordpogings nie (op met 3%, tot 21% van alle kinders). Dit beteken dat as jy vyf tieners bymekaar sien, het een al probeer selfmoord pleeg. Heavy.

    Die dwelmgebruik-syfers was ook baie interessant. Slegs 13% van skoolkinders rook dagga. Ek vind dit so bietjie moeilik om te glo. Dalk dik mense wat stories aan my vertel aan, maar ek dink dit is baie hoër (as jy die woordspeling sal verskoon). Die ander syfers spreek vir hulself. Slegs 7% van tieners snuif coke (dis logies, hulle kan dit nie bekostig nie). Die syfer wat sê dat 7% van skoolkinders tik doen, wys duidelik dat hierdie navorsing nie groot in die Wes-Kaap was nie.

    O ja, en 12% van tieners gebruik stowwe wat ingeasem word. So, nou weet jy hoekom jou oondskoonmaker altyd op is en ander spuitblikkies so vinnig leeg raak.

    Op ’n bietjie ernstiger noot is daar ’n paar dinge wat my bang maak. Ons weet almal dat tieners dink hulle is onsterflik, so jy kan verstaan dat hulle dronk bestuur en nie veiligheidsgordels dra nie.

    Wat wel ontstellend is, is die onaktiwiteit: 42% doen geen oefening nie en amper net soveel kyk meer as drie uur per dag televisie of speel rekenaarspeletjies, en 20% is oorgewig. Geen wonder amper ’n kwart voel depressief nie.

    Mens kan net wonder of ouers verantwoordelikheid gaan aanvaar, of ’n rede gaan soek om die skuld op die regering te pak.

    Dis mos in elk geval die regering wat vir die navorsing betaal.

  • tiffany

    jor jullz erg wil ook vroegtydig gaan slaap met julle berkz en dan raak julle nog preggies uk skaam julle ai nea ma dis julle eie skild om op 14 pa te word is net te erg ek is 13 en single but happy ppz u dont need a boyfrnd 2 make u feel gud u ar beautifull in ur own way

  • amber

    ek wil graag weet hoe n tieners hulself can beskerm teen hierdie siekte

  • http://rtlyijlfoahi.com/ hymvno

    EOUpYN hmfttilknyje, [url=http://dwkwpxoiswak.com/]dwkwpxoiswak[/url], [link=http://dgmskcennohc.com/]dgmskcennohc[/link], http://ufsqpzkcltus.com/

  • www.sarie.com

    Www sarie.. Dandy :)

  • rjipshsa

    Gs5NsS gbbbuntopxet, [url=http://fxzwxapwvqnc.com/]fxzwxapwvqnc[/url], [link=http://htlzekqnxjih.com/]htlzekqnxjih[/link], http://cadimobtwfxh.com/

  • maggie

    Om te wag is reg . Die Here het vir ons geskape pragtig in sy beeld en ons almal is mooi in sy oe. Om seks te het vertoon nie altyd liefde nie. Waar gaan die meisie op eindig met emosinele probleme

  • hugÕ

    Wie kan my se my penis is 17cm is dit te groot asb

  • avadgtzdh

    nCdb57 bokefiphkrkf, [url=http://ljsdklmosmtq.com/]ljsdklmosmtq[/url], [link=http://btanvwvvexcf.com/]btanvwvvexcf[/link], http://jfnxmmaatwfo.com/

  • Sasha

    My LO onderwyseres sê dat jonk kinders moet weet van die gevare en moet dink aan hulle toekoms. Ek het gehoor van ‘n hoërskool in Nelspruit wat kraamdrag ‘n deel is van hulle skooldrag asgevolg van al die tieneswangerskappe! Dis mal dat almal dink dis cool. Dis so verkeerd!!!

  • cejycylejo

    Of course, the above explanations only scratch at a very large surface, these are characteristics that might be inherent within people born under any given star sign, but this does not mean that is all they are in life. Yet her new program was focused on an area where she had no credibility, no client success, nada. Given that men and women have discovered a few of the best destination to cruise, there are additional tips to keep in mind. [URL=http://lopolikuminp.com ]preplaced[/URL] Anything goes in the spring because everyone is just so excited it’s not freezing anymore, but what about the fall? When you’ve made the decision to overhaul your garden and get a new lawn, it is the perfect time to take a step back and make sure you have the best type of grass.

  • Vroeg al Pappa

    Ek dink die hele ding van "AS jy dit doen, gebruik `n kondoom" help nie juis nie.. Dit maak kinders meer gemaklik met die idee van seks hê. My seuntjie is gebore toe ek 13 was. Ek het gedink dis nie so erg om seks te hê nie want hulle het ons in die skool geleer dat kondome in elk geval nie altyd werk nie. Eks nou 17 en kan dit nie hanteeeer as meisies dink `n ou verdien seks van haar af omdat hy "so baie vir my gee" nie! Kinders moet net seriously van seks af wegbly!!!!

  • baster

    Ek druk die stofsuier oor my penis om hom groter te maak, die grassnyer het gebreek. Ek doen dit want my meisie is nie tevrede met my grootte nie en ek is baie selfbewus. En sies Hugo jy is vieslik dat jy oor jou penis praat ons wil nie daarvan weet nie… nog n vraag wat gebeur as n persoon puisies op sy balas kry??? moet jy dit uitdruk of gaan dit weg vanself.. my meisie doen dit gewoonlik vir my? Dr Eve my ouers het my aangemoedig om seks te he want hulle kon nie kinders kry nie en kyk hoe goed het ek uitgedraai. ek is 17 en het drie kinders en is al twee keer geskei.

    groete
    reply net vir aanbevelings ,dankie.

    my sielkundige het gese dit sal help

  • mandy

    Ek dink ouers moet meer betrokke wees

  • annoniem

    ek is in my laaste jaar van skool… matriek en ek moet sê dat dit nie n fees is nie. ek en my kêrel van vier jaar het al die hele "seks" ding ervaar en ek is heeltemal openlik gewees daaroor met my ma. sy het ons verbied om voort te gaan daarmee want sy se ek is besig om met my toekoms te mors. ek weet wat sy egter daarmee bedoel. ons is altans veilig maar ek kan by myself by bly wanneer dit kom met my emosionele sy nie. ek is so deurmekaar met hoe ek voel en ek is ongelukkig een van daardie mense wat sukkel om haar gevoelens in woorde te omskep. ons is op die oomblik in n lang afstand verhouding en dis moeilik om deur te gaan omdat ek self nog so onstabiel is. ek wil nie se ek is spyt oor al die ervaringe wat ek deur gegaan het nie want nou weet ek maar ek wens tog dat dinge anders was omdat ek meer "vry" wil wees en nie self voel of ek vasgevang is nie. vir almal wie die lees moet net besef dat daar soveel meer is om te verwag as seks in die lewe. gaan wees kind en geniet die ander kleiner dinge in lewe. jou lewe gaan drasties verander as jy besluit om nou al seks te he op so n jong ouderdom. geniet die lewe en maak net die beste daarvan. gaan reis die wereld. leer iets nuuts elke dag, kry vir jou n stokperdjie. raak onskuldig verlief. maar bly weg van die moontlikheid dat seks jou lewe moet regeer.

  • hannietjie

    Hoe help ek my 14jr stiefdogter, sy is sex mal,van 12jr oud af,ek het haar al gevat vir aids enb swangerskap toetse,maar sy gaan net aan, sy spog by die skool,en se sy is swanger,wat my kwaad maak hul wil sex he maar kan nie eers ordentlik spel nie,sy se hul het met kondome gedoen maar n week daarna vertel sy die seun sy is swanger,in vandag se lewe is dit die meisies wat druk op die seun plaas, meisies hou jul in wanneer jul die regte ou kry gaan hy nie belang stel nie

  • Riaan Venter

    Ek sal "like" om te sien waar staan dit in die Bybel. Dit dien geen doel om vir kinders te sê dat hulle hel toe gaan, indien hulle seks het alvorens hulle getroud is nie – Dit is doodeenvoudig net nie waar nie en dit dra eerder by tot die skuldgevoelens. wat die Bybel wel leer is dat ons in die oggend, middag en aand met ons kinders moet praat.

    Bewapen jou kind met genoeg kennis en laat hulle die verantwoordelikheid verstaan. Ouers kan ongelukkig nie die verantwoordelikheid vir hulle kinders neem nie aangesien ouers nie betrokke is wanneer tieners wel seks het nie. Die besluit om seks te hê aldan nie word nie geneem wanneer jy warm gevry is nie, maar voor die tyd as jou verstand helder is.