FOTO Animal Asia

FOTO Animal Asia

Hieroor praat mense

Die wêreld se hartseerste ysbeer

Hy word aangehou in ’n winkelsentrum in China. En elke dag kyk hy uit sy klein glaskamer hoe hordes mense selfies saam met hom neem. 

Dis die realiteit van ’n ysbeer, Pizza, by die Grandview-winkelsentrum in Guangzhou, China. Binne dié sentrum is ’n klein akwarium, waar nóg ’n ysbeer, ’n wolf, Arktiese vosse, beloega-walvisse en walruskalfies aangehou word.

Die dierebeskermingsorganisasie Animal Asia het die volgende video vrygestel:

Die organisasie het ook ’n petisie opgestel om die diere vry te laat. Meer as 511 000 mense het reeds geteken.

Daar’s egter nog geen sprake dat Pizza en die ander diere vrygelaat sal word nie.

Volgens The Guardian het dié winkelsentrum gesê dat “Pizza ’n baie gelukkige ysbeer is” wat nie “mishandel” word nie.

Bronne: The Guardian, Animal Asia