VIDEOGREEP:  Youtube

VIDEOGREEP: Youtube

Hieroor praat mense

VIDEO’S van kosbare diere om jou koue aand op te kikker

Ons het onlangs op hierdie twee oulike videos van ’n skattige hond en kat afgekom. Dit is genoeg om enige dag ’n bietjie helderder te maak!

Pig, die gestremde hond se gelukkige lewe

Pig en die res van sy werpsel is weggegooi in die woude buite Atlanta in die VSA. Maar Pig het nie opgegee nie. Hy het onophoudelik geblaf totdat iemand hulle kom red het, maar hy het teen dié tyd reeds onherstelbare skade opgedoen.

Volgens Huffington Post vertel Pig se nuwe eienaar, Kim Dillenbeck, dat daar menige ribbebene asook ’n gedeelte van Pig se rugraat weg is. Sy heupe is ook misvorm. Dit hou egter glad nie vir Pig terug nie, en hier is hy besig om ewe vrolik met ’n bal op die gras te speel.

Dear Kitten

Wanneer die video begin, besef jy glad nie dat dit eintlik ’n katkos-advertensie is nie. Jy lag eerder vir hoe die ouer kat aan die nuwe katjie in die huis verduidelik hoe dinge werk – uit ’n kat se oogpunt, natuurlik. Die katte se gedrag en gesigsuitdrukkings komplementeer die effens droë humor perfek.