whatsapp

FOTO Unsplash / Saulo Mohana

Hieroor praat mense

Kendall is weg!

Ons lewe in die era van sosiale media en slimfone. Die gedagte om selfs net 5 minute weg van jou slimfoon te wees, kan sommige mense laat sidder. Maar iewers kom jy op die punt en sê genoeg is genoeg, ek’s klaar om myself met die wêreld te deel. Ek wil digitaal detoks! Die afgelope week het die realiteitster en model Kendall Jenner stil-stil haar profiel op Instagram verwyder. 

Sy het “maar net” 68,8 miljoen volgelinge op dié platform gehad, vergeleke met die sanger en Instagram-koningin Selena Gomez se 102 miljoen volgelinge.

FOTO Instagram / @kendalljenner

FOTO Instagram / @kendalljenner

FOTO Instagram @kendalljenner

FOTO Instagram / @kendalljenner

Kendall Jenner se assistente help haar die skoene aantrek. Foto: @kendalljenner_instagram

Kendall Jenner se assistente help haar die skoene aantrek. FOTO Instagram / @kendalljenner

Het jy geweet?

Ons leef in 2 wêrelde – die regte een en ’n virtuele een. Deesdae is ons meer aanlyn as wat ons slaap en dít saai verwoesting. Ons verloor fokus, sukkel by die werk, raak gestres en ons emosies ry wipplank. En ja, dit het ’n naam: digitale uitbranding.

Só detoks jy digitaal

Dion Chang, tendenskenner

• Doen elke 50 minute iets wat nie digitaal is nie. Maak koffie, loop ’n draai, staar by die venster uit, luister na die voëls en wees ’n paar oomblikke stil.

• Probeer een ding op ’n slag doen, want die brein werk dan die beste. Multi-taakverrigting (om verskillende goed gelyktydig te doen) is teenproduktief en sleg vir kreatiewe denke.

• Vat regtig tydens die Kersvakansie of jou jaarlikse verlof ’n behoorlike breek, want dis dikwels net ’n dolle gejaag. Neem in die middel van die jaar ook ’n blaaskans en beplan langnaweke weg. Besoek plekke waar jy digitaal kan “detoks”, soos die bos.

apps

FOTO Unsplash (Charlz Gutiérrez De Piñeres)

Casper Oelofsen, bewustheidskenner

• Lees en beantwoord e-posse slegs twee keer per dag op spesifieke tye.

• Beywer jou vir ’n e-posbeleid by jou maatskappy. Byvoorbeeld: As jy ’n dringende e-pos stuur, laat weet die res van die span per SMS. Jy hoef dan nie bekommerd te wees jy gaan iets dringends mis nie.

• Lees eerste die e-posse wat laaste inkom. Dit speel dikwels klaar met die oueres. ’n Dringende saak wat vroeër aangeroer is, is dalk intussen afgehandel.

FOTO Matthew Kane

FOTO Matthew Kane

Hermann du Plessis, leierskapspesialis

• Dissipline is noodsaaklik, nes met TV en ander vorme van ontspanning.

• Nes jy jou kredietkaart opknip en weggooi, moet jy dalk jou Facebook- en Twitter-profiele heeltemal skrap.

leer

FOTO Ulrich Knoblauch

Dié inligting kom uit die artikel “Uitgebrand? Dis dalk jou slimfoon” in ons Maart 2015-uitgawe.

Lees nou

FOTO’S: Supermaan is ster op sosiale media

Zayn se geheim: ‘Ek het eetsteuring gehad’