FOTO Olympics

FOTO Olympics

Hieroor praat mense

Dís wat Usain vir Wayde gesê het

Dis ’n atleet se grootste vrees om in die 8ste baan te beland. Al wat jy kan doen is hardloop, want jy kan niemand sien nie. Wend jy ’n poging aan, verminder jou spoed. En vanoggend het ons blitsige Wayde van Niekerk in baan 8 gehardloop, Olimpiese goud in die 400 m gewen én die wêreldrekord van 17 jaar laat spat!

In 1999 het die Amerikaanse atleet Michael D. Johnson ’n nuwe 400 m-wêreldrekord van 43.18 sekondes opgestel. Vir jare kon niemand dit klop nie, maar Suid-Afrika het gehoop en Usain Bolt het gewéét.

Vroeër vanjaar het Wayde saam met Usain in Jamaika gaan oefen. Dis daar waar Usain vir hom gesê het hy gaan nie net wen nie, maar die wêreldrekord oortref, berig Sport24.

Kyk hoe hardloop Wayde:

Oomblikke voor Usain in sy eie geskiedkundige wedloop moes hardloop, het hy spesiaal vir Wayde ondersteun. En nes die res van Suid-Afrika het hy vir Wayde hande geklap en geskree.

Kyk sy reaksie hier:

 

Wayde word sedert 2012 afgerig deur die 74-jarige Ans Botha.

“Sy is ’n ongelooflike vrou. Sy’t ’n groot rol in my lewe gespeel,” het Wayde gesê, berig Sport24.

TripleTriple vir Usain Bolt

Usain Bolt is die atletiekbaan se masjien. Vanoggend het hy vir ’n derde agtereenvolgende keer goud verwerf in die 100 m by die Olimpiese Spele.

Kyk hoe hardloop Usain die 100 m:

Ons eie Akani Simbine is nie net die vyfde vinnigste atleet in die wêreld nie, maar ook die vinnigste atleet in Afrika!

Lees nou

Rio 2016: Almal soek ’n stukkie Wayde

Atleet Caster Semenya fokus nou op 800 m