FOTO Unsplash / Hans Peter Gauster

Hieroor praat mense

Is dít die moeilikste legkaart op aarde?

Elkeen van ons het al iewers in ons lewe ’n legkaart gebou. Of dit nou op ’n reëndag was by jou ouma se huis of oor ’n Desembervakansie saam met jou niggies en nefies. Legkaart bou is pret, veral as jy daardie laaste stukkie inpas. Maar niks is erger as daar een stuk is wat weg is nie. 

Of jy nou van legkaarte hou of nié, hier’s een wat die sweet op jou voorkop sal laat pêrel: een met 5 000 stukke wat net uit die CMYK-kleurspektrum bestaan. Eina!

Is dit die moeilikste legkaart op aarde?

Kyk die video hier:

Die legkaart is deur Clemens Habicht vervaardig. Daar is ook ’n weergawe met 1 000 stukke vir diegene wat nie kans sien vir die 5 000-stuk-uitdaging nie.

FOTO Clemens Habicht