FOTO Twitter / @lovelovelove343

Hieroor praat mense

Dogtertjie se drome word waar toe sy Beauty and the Beast se Belle ontmoet

’n 7-jarige dogtertjie, wat met ’n vorm van dwergisme gebore is, se grootste droom was om vir Belle van Beauty and the Beast te ontmoet. Onlangs het haar drome waar geword en sy kon uiteindelik dié heldin ontmoet, berig Mirror.

Daisy, van Texas in Amerika, is met achondroplasie gebore en moes reeds die meerderheid van haar kort lewe in die hospitaal deurbring. Die einste hospitaal in Texas se dokters het toe vir die Make-A-Wish-organisasie gekontak.

Dié organisasie is gestig om kinders, soos Daisy, te help om hul drome te laat waar word. Daisy en haar familie is toe na Disney World in Florida gestuur om vir Belle te ontmoet.

En die oomblik toe klein Daisy vir Belle ontmoet het sy begin huil.

FOTO Twitter / @lovelovelove343

FOTO Twitter / @lovelovelove343

FOTO Twitter / @lovelovelove343

FOTO Twitter / @lovelovelove343

FOTO Twitter / @lovelovelove343

FOTO Twitter / @lovelovelove343

Lees die volledige storie hier.