FOTO Instagram /@mindiwillman

FOTO Instagram /@mindiwillman

Hieroor praat mense

Dolfyn steel iPad – sowaar!

Dit is nie net babas wat vernuftig is met ’n iPad nie, deesdae hou dolfyne ook daarvan om met dié tablet te speel. Wel, veral een dolfyn …

’n Video wat viral gegaan het, wys hoe ’n dolfyn by Seaworld in Florida, VSA, ’n iPad blitsvinnig en speels gryp uit die hande van ’n vrou langs die swembad. Dit beland in die water en sy gryp dit dadelik terug. In die proses spat die dolfyne die toeskouers heerlik nat – so al asof hulle die laaste sê het!

Kyk net die oulike video hier:

In 2010 het ’n studie deur Emory Universiteit, VSA, bevind dat dolfyne byna so intelligent soos mense is. Die komplekse voue in die korteks van hul brein is soortgelyk aan dié van die mens. Geen wonder die dolfyn het die iPad gegryp nie – dis immers die era van als digitaal!

Lees nou

10 goed wat jy van Amy Schumer moet weet

Ge-bling is Elize Cawood reg vir die lente

Neefs bring goud en brons huis toe