FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

Hieroor praat mense

Donkies verdien beter!

Die donkie is ’n wonderlike ding, maar sy status is nie baie hoog nie. En nou word dié sagmoedige, hardwerkende dier in ons land onwettig geslag sodat sy vel China toe gesmokkel kan word.

Volgens Netwerk24 word donkievelle na China uitgevoer, want daar is ’n bygeloof dat die gelatien onder die vel spesiale eienskappe het.

Daar is glo 42 donkies uit die dorp Mmaku in Noordwes gesteel, berig Netwerk24 verder.

Volgens Annemarie van Zil, stigter van Eseltjiesrus-oord vir donkies in die Wes-Kaap, het sy nog nie sulke gevalle in die Wes-Kaap beleef nie.

“Dis meer in die noordelike dele van ons land waar dié verskriklike goed plaasvind,” het Annemarie aan SARIE.com gesê.

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

Op Eseltjiesrus word tans 21 donkies gehuisves. En Annemarie-hulle help om donkie-eienaars in die omgewing op te voed oor die regte behandeling van dié diere.

Al sien Annemarie nog nie sulke wrede slagtings nie, kry sy wel telefoonoproepe.

“Ons kry gereeld oproepe van mense met ’n buitelandse aksent wat vra of ons donkies te koop het, hulle wil gewoonlik iets soos 500 donkies hê. Ek probeer hulle uitlok om kontakbesonderhede te gee, maar dan raak hulle moeilik en sit die foon neer.”

Annemarie sê almal kan help om die probleem op te los.

“As ons die status van donkies verbeter, is dit ’n begin. Party mense dink donkies is dom en gee nie om vir hulle nie. Maar hulle is ongelooflike diere.”

Jy kan ’n donkie aanneem

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

Besoek Eseltjiesrus se webtuiste en neem ’n donkie aan vir enige maandelikse bedrag.

“Ons skryf niks voor nie. ’n Klein meisie gee elke maand haar tandemuis-geld vir haar donkie.”

Sodra jy jou donkie aanneem, kry jy ’n sertifikaat en ’n foto van die donkie.

“Ons stuur ook ’n maandelikse verslag oor jou donkie!”

Klik hier vir meer inligting.

Lees nou

Geen Egoli-Joe – so lyk Darren Kelfkens nou!

Grapkas Schalk ‘diktator’ van Anskroepolis

Viral SA video: Petroljoggies laat almal met ’n glimlag