fliek
Hieroor praat mense

Dory is gevind!

In 2013 het Ellen DeGeneres aangekondig dat daar ’n opvolgfliek vir Finding Nemo gaan wees. Nou is dit byna hier, en dié keer is dit Finding Dory. Die afwagting is groot, veral omdat Ellen al vir jare vra vir nog ’n storie. En daar’s ook ’n ander gerug …

Kan jy glo dit is 13 jaar sedert ons Nemo die eerste keer ontmoet het? Ellen DeGeneres was die stem van Dory in Finding Nemo en het aanhoudend op The Ellen Show gevra vir ’n opvolgprent. Toe kry sy uiteindelik die oproep: daar gaan nog ’n fliek wees!

Kyk hier na die aankondiging op haar televisieprogram in 2013:

Kyk hier na die amptelike lokprent vir Finding Dory:

Gerugte

Twitter-gebruiker Matthew Gottula het in die lokprent iets opgemerk wat nog nie voorheen in ’n Disney-fliek gesien is nie: ’n baba met twee ma’s.

Natuurlik is dit moontlik dat hierdie twee vroue net vriendinne is en toevallig daar is, maar die aanvraag na paartjies van dieselfde geslag in Disney-films het onlangs begin toeneem. Gaan volg net bietjie die hutsmerk #GiveElsaAGirlfriend. Elsa is een van die susters in Frozen (asof jy nie al weet wie Elsa is nie …).

Finding Dory is dalk die eerste animasiefliek wat aandag op paartjies van dieselfde geslag gaan plaas.

Ons sal maar moet sien. Eers is ons nou kinderlik opgewonde oor 17 Junie, die dag dat hierdie fliek in Suid-Afrika begin draai!

O ja, onthou jy nog dit?

Lees ook

VIDEO: Trevor Noah op ‘Ellen DeGeneres’

Jou fliekgids vir die week: 27 Mei – 3 Junie

Eva Mendes swanger met tweede kind