FOTO Instagram (@__yarms)

FOTO Instagram (@__yarms)

Hieroor praat mense

Droogte eis sy tol: Waterbeperkings in Johannesburg

Suid-Afrika is een van die 30 droogste lande in die wêreld en die jaarlikse gemiddelde reënval is minder as 500 mm. Die land het deurgeloop onder droogte weens die 2015/16 El Niño-verskynsel en die baie droë seisoene van die afgelope paar jaar. Agt van ons nege provinsies is reeds as droogterampgebiede verklaar.

Gister is Johannesburgers aangesê om onmiddellik minder water te gebruik, anders is beurtwater inwoners van die stad se voorland. Anthony Stills, burgemeesterskomiteelid vir gemeenskaps- en infrastruktuurdienste, het gister gewaarsku dat inwoners van die stad ten minste 15% minder water moet gebruik om te keer dat daar ’n watertekort is. As dit gebeur, sal daar beurtwater ingestel moet word om te sorg dat die stad se krane nie droog is nie. Watertoevoer sal tuseen 20h00 en 04h00 beheer word om druk op die waterstelsel te verminder. Waterbeperkings sal ook strenger toegepas word en die metropolisie kan boetes oplê van tot R1 500 vir die oortreding van waterbesparingsmaatreëls, het Beeld berig.

FOTO: Instagram (@carmenbotma)

FOTO Instagram (@carmenbotma)

Die Vaaldam is op die oomblik net 35% vol en daar word ook nie binne die volgende maand reën verwag in die opvanggebied van dié dam nie. Volgens Stills word sowat 40% van die water wat Gautengers gebruik, aangewend vir tuinmaak.

Van die beperkings wat nou strenger toegepas gaan word, is:

• Geen tuin mag tussen 06h00 en 18h00 natgelei word nie. Net emmers, gieters en tuinslange mag ná 18h00 saans gebruik word om tuine nat te lei. Geen sproeiers mag gebruik word nie.

• Motors mag slegs uit ’n emmer gewas word.

• Swembaddens mag net met boorgatwater volgemaak word. Geen munisipale water mag daarvoor gebruik word nie.

• Geen sypaadjies of geplaveide areas mag met ’n tuinslang skoongespuit word nie.

Wat jy nóg moet weet

• Johannesburg Water se watertariewe vir huishoudings wat baie water gebruik, word verhoog. Volgens wetgewing kry elke huishouding 6 000 liter water gratis per maand. As jy meer gebruik, sal jy ook meer betaal.
• Huishoudings wat tussen 20 000 en 30 000 liter water per maand gebruik, sal 10% meer betaal vir water. Die wat meer as 40 000 liter water gebruik, sal ’n stewige 30% meer moet opdok daarvoor. Johannesburg se metro hoop dat die maatreëls mense sal ontmoedig om te veel water te gebruik.

Vir wenke om water te spaar klik hier.

Bronne: Mail & Guardian, Beeld, WRC